Re­ge­ring en reg­bank kom op die vol­gen­de oor­een

Beeld - - Nuus - – L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die re­ge­ring en die reg­bank het Don­der­dag on­der meer oor­een­ge­kom dat: Die skei­ding van mag­te en die in­te­gri­teit van al­bei in­stel­lings ge­re­spek­teer sal word; Hul­le voort­aan met sorg en om­sig­tig­heid o­pen­ba­re stel­lings en kri­tiek oor me­kaar sal maak om­dat dit Suid-­A­fri­ka se glo­ba­le sta­tus as ’n bas­ti­on van de­mo­kra­sie, ver­draag­saam­heid, men­se­reg­te en op­per­ge­sag van die reg kan on­der­myn; Hul­le die waar­des en e­tos van die Grond­wet in hul uit­spra­ke sal be­vor­der en nie as vy­an­dig teen­oor me­kaar ge­sien moet word nie; Trans­for­ma­sie van die reg­bank en die regs­pro­fes­sie die hart­klop van die grond­wet­li­ke on­der­ne­ming moet wees; An­der arms van die re­ge­ring, en­ti­tei­te of die o­pen­ba­re struk­tu­re soos die Reg­ter­li­ke Diens­kom­mis­sie ge­bruik moet word as daar ge­glo word reg­ters het on­e­ties op­ge­tree; Hof­be­ve­le ge­re­spek­teer en aan vol­doen sal word; Toe­gang tot ge­reg­tig­heid vir al­le Suid­A­fri­ka­ners be­vor­der sal word; Don­der­dag se ver­ga­de­ring die be­gin van toe­koms­ti­ges sal wees; en Die ad­mi­nis­tra­sie van ho­we, toe­gang tot ge­reg­tig­heid en trans­for­ma­sie van die reg­bank kwes­sies is wat spe­si­fie­ke aan­dag op toe­koms­ti­ge ver­ga­de­rings sal kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.