‘Dit gaan goed met Karlien’

Beeld - - Nuus -

Bobby van Jaars­veld en sy vrou, An­na­tjie, het Don­der­dag ’n draai ge­maak by die Sil­wer­skerm­fees in Kamps­baai. Vol­gens Van Jaars­veld is dit sy eer­ste keer by die fees. “Ek het ’n paar op­tre­des in die om­ge­wing, so toe be­sluit ek om ’n dag vroe­ër te vlieg om te kom kyk waar­oor die bo­haai gaan,” het hy ge­sê. Hy het Don­der­dag­mid­dag ge­sê hy sien ver­al uit na die be­kend­stel­ling van die fliek Verskietende ster. Dit is Don­der­dag­aand ver­toon. Van Jaars­veld het ge­sê dit gaan goed met sy sus­ter, Karlien, wat vroe­ër die week aan­ge­kon­dig het dat sy van haar man, De­rick Hou­gaard, gaan skei. Hy wou eg­ter nie uit­wei nie.

Fo­to: LE­RA­TO MADUNA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.