EFF­man in hof ná hy stu­dent glo slaan

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Po­lo­kwa­ne. – Die EFF-hoof­sweep in Lim­po­po het Don­der­dag vlug­tig in die hof ver­skyn op aan­klag van aan­ran­ding. En­ke­le ure la­ter was hy weer op sy pos in die pro­vin­si­a­le wet­ge­wer.

Jos­sey But­ha­ne, ’n boe­sem­vriend van Ju­li­us Ma­le­ma, EFFleier, en ook die EFF se pro­vin­si­a­le or­ga­ni­seer­der, het glo ’n stu­dent op die U­ni­ver­si­teit van Lim­po­po se Turf­loop-kam­pus met ’n stok ge­slaan, sê kol. Ronél Ot­to, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po. Dit is nie dui­de­lik wat tot die be­weer­de sla­ne­ry ge­lei het nie.

Die EFF het die stu­den­te­raads­ver­kie­sing by die U­ni­ver­si­teit van Lim­po­po on­langs ge­wen.

But­ha­ne is Woens­dag in heg­te­nis ge­neem en het Don­der­dag­og­gend vlug­tig in die Man­k­weng-land­dros­hof ver­skyn. Hy is op waar­sku­wing vry­ge­laat.

But­ha­ne was in Ok­to­ber 2014 ook in die be­skul­dig­de­bank om­dat hy glo ’n EFF-lid op ’n par­ty­ver­ga­de­ring in Mahwe­le­reng bui­te Mo­ko­pa­ne (Pot­gie­ters­rus) aan­ge­rand het. Dié saak is nog han­gend. But­ha­ne het ge­sê hy het niks met e­ni­ge van die twee be­weer­de voor­val­le te doen nie.

But­ha­ne was aan Ma­le­ma se sy toe dié so­wat drie we­ke ge­le­de in die Po­lo­kwa­ne-hoog­ge­regs­hof ver­skyn het. Aan­klag­te van kor­rup­sie, geld­was­se­ry en ram­pok­ke­ry is toe teen Ma­le­ma te­rug­ge­trek.

But­ha­ne was ook op die voor­punt van ’n reu­se-op­tog wat die EFF ver­le­de Vry­dag na ’n myn in die Bur­gers­fort-ge­bied ge­hou het. Meer as 3 000 men­se het aan die op­tog deel­ge­neem om my­ne te vra om meer plaas­li­ke men­se in diens te neem.

But­ha­ne moet weer op 23 Sep­tem­ber in die Man­k­weng-land­dros­hof ver­skyn, sê Ot­to.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.