Dood in sprong: Hy eis van dorp Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

‘Swaai se vei­lig­heid is nie ver­se­ker’

Beeld - - Nuus -

Die man wie se vrou in 2009 in ’n tan­dem-ka­bel­sprong by die Big Swing in Gras­kop dood is, mag voort­gaan met ’n ska­de­ver­goe­dings­eis teen die T­ha­ba Chweu-mu­ni­si­pa­li­teit.

Die des­tyd­se ei­e­naars van die Big Swing, Vu­ka Mar­ke­ting, is in 2012 aan straf­ba­re man­slag skul­dig be­vind, met R300 000 be­boet en moes R120 000 aan Hen­drik (Sam) Sa­mu­els be­taal.

Sa­mu­els, ’n kap­tein in die weer­mag, het van­dees­week ver­lof van die Noord-Gau­teng­se hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria ge­kry om voort te gaan met ’n by­ko­men­de eis teen die mu­ni­si­pa­li­teit.

Sa­mu­els het die hof ge­vra om ver­skoon te word om­dat hy nie bin­ne ses maan­de ná die voor­val waar­in sy vrou dood is ken­nis ge­gee het nie dat hy van ’n staats­lig­gaam wil eis, soos wet­ge­wing be­paal.

Sy vrou, Jo-Ann (29), is op 3 Ok­to­ber 2009 in die sprong dood, ter­wyl Sa­mu­els dit oor­leef het.

Die sprong het skeef­ge­loop toe die ka­bel waar­aan hul­le ge­heg was, ge­gly en hul­le ’n rots­blok op die bo­dem van die Pa­no­ra­ma­kloof ge­tref het.

Jo-Ann is dood ter­wyl hul­le hul­pe­loos aan die ka­bel ge­hang het. Sa­mu­els is be­seer. Sa­mu­els voer aan die mu­ni- si­pa­li­teit het mis­luk in sy regs­plig om toe te sien dat die sa­ke­on­der­ne­ming se ge­bruik van die swaai en die toe­rus­ting in sy ju­ris­dik­sie vei­lig is nie.

Reg­ter Fran­cis Le­go­di het in sy uit­spraak ge­sê Sa­mu­els het eers op 7 Au­gus­tus 2012 ge­weet dat die mu­ni­si­pa­li­teit krag­tens wet moont­lik ver­ant­woor­de­lik kan wees vir die ver­lies wat hy ge­ly het. Dit was toe ene mnr. Pearce van die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke ge­noem het dat die mu­ni­si­pa­li- teit moont­lik ver­ant­woor­de­lik kan wees.

Sa­mu­els sê in sy eis­be­son­der­he­de die mu­ni­si­pa­li­teit was na­la­tig deur­dat een of meer van sy amp­te­na­re nie maat­re­ëls in­ge­stel het om die pu­bliek se vei­lig­heid te ver­se­ker nie.

Vol­gens Sa­mu­els het hy frak­tu­re, sag­te­weef­sel­be­se­rings, oop won­de, sny­won­de, skok en e­mo­si­o­ne­le ont­wrig­ting op­ge­doen. Hy eis R580 000 van die mu­ni­si­pa­li­teit.

’n Greep uit ’n vi­deo wat net voor die on­ge­luk ge­neem is.

Hen­drik (Sam) Sa­mu­els

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.