Plek vir win­kels en an­der ge­rie­we in ge­bou

Beeld - - Veilings - Dié ei­en­dom in P­re­to­ria­Wes word vroeg in Sep­tem­ber deur Van’s op­ge­veil.

’n Sa­ke­per­seel met ’n dub­bel­ver­die­ping­ge­bou in P­re­to­ria-Wes word vroeg in Sep­tem­ber deur Van’s Aucti­o­neers on­der die ha­mer ver­koop.

Die per­seel in Sout­ter­straat be­slaan so­wat 826 m² en het van­te­vo­re ’n slag­huis en ’n bak­ke­ry ge­huis­ves.

Die grond­vloer be­hels on­der meer stoor­ka­mers, ver­klee­ka­mers, bad­ka­mers en ’n koel­ka­mer, wat af­son­der­lik en ge­sa­ment­lik aan­ge­bied gaan word.

Die boon­ste vloer sluit in kan­to­re, ver­klee­ka­mers vir per­so­neel en a­blu­sie­ge­rie­we.

Die ei­en­dom het on­der­dak­par­keer­plek en daar is selfs ’n sel­foon­to­ring op die per­seel, wat ’n by­ko­men­de huur­in­kom­ste le­wer.

Dit is in die­self­de straat as die ou P­re­to­ria-skou­gron­de en het mak­li­ke toe­gang tot die hoof­roe­tes in P­re­to­ria.

Die vei­ling word op 2 Sep­tem­ber om 11:00 op die per­seel te Sout­ter­straat 554, P­re­to­ria-Wes, ge­hou.

Vir nog in­lig­ting kan www.van­saucti­ons.co.za be­soek word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.