VW be­lê R4,5 mjd. in O­Kaap

Meer voer­tuie vir uit­voer ver­vaar­dig

Beeld - - Sake Nuus - O­det­te Kemp

Ui­ten­ha­ge. – “Volks­wa­gen glo in die Suid-A­fri­kaan­se mo­tor­be­dryf en ons is hier om nog lánk te bly.”

Dit was die bood­skap wat T­ho­mas S­cha­e­fer, be­stu­ren­de di­rek­teur van Volks­wa­gen Suid-A­fri­ka (VWSA), Don­der­dag met woord en daad oor­ge­dra het toe hy die maat­skap­py se R4,5 mil­jard-be­leg­ging in Nel­son Man­de­la­baai aan­ge­kon­dig het. Dié be­leg­ging sal ge­bruik word om VWSA se aan­leg in Ui­ten­ha­ge uit te brei en voor te be­rei vir die pro­duk­sie van twee nu­we mo­tors waar­van die pro­duk­sie in 2017 sal be­gin.

“Ons wil eint­lik graag meer voer­tuie be­kend stel, maar die aan­vank­li­ke plan is vir twee mo­del­le,” het S­cha­e­fer ge­sê. “Ons glo in die land en sal daar­in be­lê, want Suid-A­fri­ka is deel van die Volks­wa­gen-fa­mi­lie.”

Vol­gens S­cha­e­fer maak dié be­leg­gings­be­sluit sin om­dat Suid-A­fri­ka sterk staan in die uit­voer­mark en die mo­tor­be­dryf ge­noeg­sa­me on­der­steu­ning van die re­ge­ring het.

“Die land het ’n paar moei­li­ke ja­re ag­ter die rug weens ar­beids­on­rus, maar ons het die be­leg­ging met die re­ge­ring be­spreek en is vol ver­troue dat dit ’n vei­li­ge keu­se is.”

VWSA het ver­le­de jaar 54 381 pas­sa­siers­voer­tuie ter waar­de van R9 mil­jard na an­der lan­de uit­ge­voer. R3 mil­jard se on­der­de­le is ook uit­ge- voer. “Die voor­uit­sig vir 2015 se uit­voer is 65 945 voer­tuie. Dié toe­na­me be­te­ken ons klan­te oor­see is ge­luk­kig, en dit help ons ook om sterk te staan wan­neer die plaas­li­ke mark swaar­kry,” het S­cha­e­fer ge­sê.

Die maat­skap­py veg eg­ter “tot el­ke prys” om die plaas­li­ke ar­beids­mark sta­biel te hou en die mo­tor- be­dryf hier uit te brei.

“Die nu­we be­leg­ging sal be­ste­ding van min­stens R3 mil­jard aan pro­duk­sie­ver­moë en teg­no­lo­gie be­hels, met R1,5 mil­jard wat aan ver­skaf­fers sal gaan en na­ge­noeg R22 mil­joen wat be­stee sal word om werk­ne­mers op te lei om die nu­we voer­tuie te ver­vaar­dig.”

Hoe­wel hy reeds 4 100 werk­ne­mers in Suid-A­fri­ka het, sal VWSA waar­skyn­lik nu­we pos­te skep wan­neer die nu­we pro­duk­sie­pro­ses be­gin. “Hoe­wel die pro­ses­se meer ma­sjien­ge­dre­we sal wees, sal ons van twee na drie skof­te ver­an­der, en dus tal­le nu­we werk­ge­leent­he­de skep.”

Kevin Hus­t­ler, uit­voe­ren­de hoof van die Baai­se sa­ke­ka­mer, het die nuus Don­der­dag ver­wel­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.