1 400 het al ge­waai by Lon­min

Beeld - - Sake Nuus - – Jan de Lan­ge

Die suk­ke­len­de Lon­min se ar­beids­mag het die af­ge­lo­pe maand met 1 400 ge­krimp en sy pro­duk­sie­ver­moë van 750 000 on­se pla­ti­num sal in die vol­gen­de twee jaar met 100 000 on­se ge­sny word.

Sy plan­ne vor­der om sy ar­beids­mag van 43 000 met 6 000 pos­te te ver­min­der. Die pro­ses van ver­plig­te af­dan­kings, wat op 24 Ju­lie aan­ge­kon­dig is en min­stens 60 dae sal duur, ver­loop vol­gens plan, het Lon­min Don­der­dag­og­gend in ’n vor­de­rings­ver­slag aan aan­deel­hou­ers ge­sê.

Hy gaan twee skag­te – Hos­sy en Ne­w­man – na­by Rus­ten­burg sluit, maar is eers be­sig om “kon­tant te oes” uit erts­re­ser­wes wat be­skik­baar is son­der om e­ni­ge by­ko­men­de kon­tant in die twee skag­te te steek, lui die ver­slag. Ben Ma­ga­ra, uit­voe­ren­de hoof, het ’n fi­nan­si­ë­le om­swaai­spe­si­a­lis, Ron Se­ries, as raad­ge­wer aan­ge­stel.

Lon­min het die erg­ste deur­ge­loop on­der die da­ling in die pla­ti­num­prys en het die af­ge­lo­pe jaar 84,49% van sy waar­de ver­loor weens die ne­ga­tie­we ge­voel jeens die maat­skap­py.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.