SA het min dol­lar­skuld, sê mi­nis­ter

Beeld - - Sake Nuus -

Die staat se be­gro­ting is in ’n ma­te teen die swak rand ver­skans om­dat hy nie so­veel dol­lar­skuld het nie, het Nhlanhla Ne­ne, mi­nis­ter van fi­nan­sies, Don­der­dag ge­sê.

“Ons skuld is hoof­saak­lik in rand, net ’n klein per­sen­ta­sie is in dol­lar. Dit het wel ’n im­pak, maar is nie so erg ... nie.

Die te­sou­rie se hoop om staat­skuld in be­dwang te hou, word on­der­myn deur ’n tam e­ko­no­mie, te­sa­me met die swak rand, wat op 24 Au­gus­tus vir die eer­ste keer tot nog toe tot on­der R14 per dol­lar ge­val het. Don­der­dag­mid­dag was die dol­lar R13,12 werd.

Ne­ne het in Fe­bru­a­rie in sy be­gro­tings­re­de ge­sê die kos­te om skuld te be­taal, sal van­jaar 10,1% van die staat se be­ste­ding be­loop en net­to skuld sal tot 42,5% van die bru­to bin­ne­land­se pro­duk styg. Bui­te­land­se skuld is min­der as 10% van die to­ta­le skuld.

Ne­ne het ge­sê hul­le be­skou die ver­swak­king van die rand as ty­de­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.