Pry­se van vil­las in oor­de klim ste­wig

Beeld - - Veilings - El­ma Klop­pers

Eien­dom­me in die IRS-ont­wik­ke­lings het se­dert 2005 ste­wi­ge prys­groei ge­toon, sê P­hi­lip­pe de Beer, ’n di­rek­teur van Park La­ne Pro­per­ties, ’n ei­en­doms­a­gent­skap in Mau­ri­ti­us.

“In 2005 het bui­te­land­se ko­pers ge­mid­deld van $800 000 tot $1 mil­joen vir ’n wo­ning op­ge­dok. Van­dag kos dit ge­mid­deld van $2,5 mil­joen tot $3 mil­joen.”

Hy meen die nu­we wet­ge­wing sal dié eien­dom­me se waar­de ’n hup­stoot gee om­dat die skaars­heids­waar­de gaan toe­neem.

Dié pry­se maak dit by­na on­moont­lik vir Mau­ri­ti­ërs om in die ont­wik­ke­lings te koop.

Van 2002 tot 2014 was 27,7% van die ei­en­dom­sko­pers in die IRS-ont­wik­ke­lings Suid-A­fri­ka­ners, 36,6% Fran­se en 15,9% B­rit­te. Die res is on­der an­de­re S­wit­sers, Bel­ge, A­me­ri­ka­ners, Rus­se, I­ta­li­a­ners, Ne­der­lan­ders en Duit­sers.

S­legs ’n hand­vol Mau­ri­ti­ërs het in die IRS-ont­wik­ke­lings ge­koop. Om­dat die RES-ont­wik­ke­lings be­kos­tig­baar­der is, het plaas­li­ke ko­pers van 2007 tot 2014 6,6% van die ko­pers in die oor­de uit­ge­maak.

Al­te­sa­me 51,8% was ko­pers uit Frank­ryk en 24,3% uit SuidA­fri­ka. Die res is on­der an­de­re van B­rit­tan­je, Ma­da­gas­kar, In­dië en Bel­gië.

De Beer sê se­dert die IRS-ont­wik­ke­lings in 2002 in­ge­stel is, is ’n to­taal van 702 een­he­de ver­koop.

Daar­van is 362 vir $500 000 tot $1 mil­joen ver­koop, 174 vir $1 mil­joen tot $1,5 mil­joen, 94 vir $1,5 mil­joen tot $2 mil­joen, 36 vir $2 mil­joen tot $2,5 mil­joen en 8 van $2,5 mil­joen tot $3 mil­joen.

“Al­te­sa­me 28 is vir $3 mil­joen en meer deur su­per­ryk in­di­vi­due op­ge­raap.”

Se­dert die RES-ont­wik­ke­lings in 2007 be­kend ge­stel is, is 682 een­he­de ver­koop.

Net een is vir meer as $3 mil­joen ver­koop, 233 vir min­der as $500 000 en 381 vir $500 000 tot $1 mil­joen.

De Beer be­na­druk dat die nu­we wet­ge­wing nie die be­staan­de ei­e­naars gaan raak nie – “hul­le hou pre­sies wat hul­le het en gaan waar­skyn­lik baat vind by sterk prys­groei.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.