’n Stuk­kie I­ta­lië in Wil­der­nis

Om­ring deur ’n na­tuur­li­ke in­heem­se tuin

Beeld - - Veilings - El­ma Klop­pers

’NVer­ruk­li­ke Tos­kaan­se vil­la in die kus­dor­pie Wil­der­nis aan die Tuin­roe­te maak aan die ein­de van Sep­tem­ber ’n draai op die vei­ling­vloer.

Dié klip­huis, hoog teen die heu­wels in die skil­der­ag­ti­ge be­wa­rings­ge­bied Con­stan­ti­ak­loof, bied pa­no­ra­mie­se uit­sig­te op die s­trand, die see en die om­lig­gen­de om­ge­wing.

Die huis, ge­ïn­spi­reer deur die ar­gi­tek­tuur van wo­nings in die Tos­kaan­se heu­wels in I­ta­lië, bied luuk­se bin­nens­hui­se en bui­tens­hui­se ver­blyf op twee vlak­ke.

Die ruim leef­a­re­as loop deur wye ven­ster­deu­re uit op ’n ter­ras met ’n swem­bad in ’n bin- ne­hof, wat dit i­de­aal maak vir ont­haal in die bui­te­lug. Die bin­ne­hof sluit in ’n hand­ge­verf­de muur­skil­de­ry.

Die huis van 480 m² op ’n erf van 1 252 m² het vier slaap­ka­mers met en sui­te-bad­ka­mers en ses Ju­liet-bal­kon­ne, wat tot die I­ta­li­aan­se ka­rak­ter by­dra.

Die kom­buis is luuks met sy eie sit­ka­mer. On­der die spe­sia- le ken­mer­ke tel ’n ge­ïn­te­greer­de e­lek­tro­nie­se stel­sel, on­der­vloer­ver­hit­ting en hand­ge­maak­te smee­ys­ter-trap­re­lings.

Die huis is om­ring deur ’n na­tuur­li­ke in­heem­se tuin, wat aan ’n in­heem­se woud met ’n wa­ter­stroom g­rens.

Dan­ny Moss, be­stu­ren­de di­rek­teur van S­to­ne­hen­ge Aucti­ons wat die vei­ling gaan be­har­tig, sê die ei­en­dom is op R9 mil­joen ge­waar­deer. Hy het reeds ’n o­pe­nings­bod van R6 mil­joen van ’n ko­per uit Johannesburg.

Die vei­ling word op 29 Sep­tem­ber om 12:00 by die In­da­ba­ho­tel in Johannesburg ge­hou. Daar gaan ook ’n vi­deo-kon­fe­ren­sie wees.

Vir nog in­lig­ting, be­soek sto­ne­hen­geaucti­ons.com.

Die vil­la se pa­no­ra­mie­se uit­sig­te op die see en die om­lig­gen­de om­ge­wing.

Dié ver­ruk­li­ke Tos­kaan­se vil­la in Wil­der­nis aan die Tuin­roe­te kom ein­de Sep­tem­ber on­der die ha­mer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.