Dis D­dag en Je­an se rol is duis­ter

Gaan Bok­kap­tein net ’n pas­sa­sier by WB wees? Ons rug­by­skry­wers sê: Só moet fi­na­le groep lyk

Beeld - - Front Page - Hen­drik Cron­jé

Umhlan­ga. – Hey­ne­ke Mey­er maak van­dag 18:00 sy S­pring­bok-groep be­kend, maar dit is on­se­ker of sy aan­kon­di­ging ’n ant­woord gaan bied op die bran­dend­ste vraag: Wat gaan die Bok-kap­tein se rol wees?

Je­an de Vil­liers se knie­be­se­ring blyk iets van die ver­le­de te wees, maar sy ge­kraak­te ka­ke­been kan din­ge deur­me­kaar­krap. Hy kon nog geen kon­tak maak in oe­fe­nin­ge nie en het selfs nie aan kon­di­si­o­ne­rings­oe­fe­nin­ge by die S­pring­bok­ke se laas­te voor­be­rei­dings vir die Wê­reld­be­ker-toer­nooi deel­ge­neem nie.

Daar is ge­volg­lik ’n bui­te­kans dat De Vil­liers by die huis gaan bly, hoe­wel dit on­waar­skyn­lik is. Hy gaan waar­skyn­lik saam met Jes­se K­riel en Da­mi­an de Al­len­de as sen­ters in die groep van 31 in­ge­sluit word. Wat­ter rol hy daar­na gaan ver­vul, bly eg­ter duis­ter. Sal hy kan speel of gaan hy net as mo­ti­veer­der en be­plan­ner ge­bruik word?

Som­mi­ge rug­by­ken­ners meen selfs daar moet aan die voor­aand van die toer­nooi met dié on­se­ker­heid weg­ge­doen word deur hom nie in te sluit nie. Ook Net­werk24 se le­sers, wat in ’n pei­ling ge­vra is hom hul i­de­a­le Bok-groep te kies, het De Vil­liers weg­ge­laat.

Die on­der­skat­te Li­o­nel Ma­poe se naam is ook al hard­op as ’n moont­li­ke plaas­ver­van­ger vir hom ge­noem.

Mey­er se be­plan­de groep gaan reeds heel­wat ver­skil van die een wat ein­de­lik op 11 Sep­tem­ber ver­trek.

Druk word glo op hom uit­ge­oe­fen om by die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) se doel­wit van 30% swart spe­lers in Bok-groe­pe te hou.

Die flank Hein­rich Br­üs­sow en die skrum­ska­kel Co­bus Rei­nach, wat blyk­baar nog Maan­dag in sy groep was, moes se­dert­dien blyk­baar plek maak vir spe­lers wat bit­ter min speel­kans in die Rug­by­kam­pi­oen­skap ge­kry het.

An­der be­se­rings in sy uit­soek­groep het ook druk op Mey­er ge­plaas.

Daar was vroe­ër van­dees­week nog on­se­ker­heid of Coe­nie Oost­hui­zen ge­noeg van ’n nek­be­se­ring her­stel het. Dit blyk of Craig Ro­berts, span­dok­ter, wel te­vre­de is met sy kon­di­si­o­ne­ring en dat hy as ’n veel­sy­di­ge voor­ry­man in­ge­sluit sal word.

Die skrum­ska­kel Fou­rie du P­reez – wat saam met De Vil­liers, los­voor­spe­ler S­chalk Bur­ger en slot Vic­tor Mat­field die vier kap­teins in Mey­er se groep is – se knie­be­se­ring het ge­noeg her­stel vir hom om ge­kies te word.

Die er­va­re Flip van der Mer­we se fi­siek­heid moet ook teen Pie­ter-S­te­ph du Toit se veel­sy­dig­heid op­ge­weeg word, met laas­ge­noem­de wat heel moont­lik ’n reg­merk gaan kry.

De Jongh Bor­chardt, die Bok­ke se me­di­a­be­stuur­der, sê groot be­lang­stel­ling heers vir van­aand se aan­kon­di­ging. “Daar sal on­ge­veer 50 ver­teen­woor­di­gers van die me­dia teen­woor­dig wees, wat dit die groot­ste me­di­a­kon­fe­ren­sie in Hey­ne­ke se ter­myn maak.”

Fo­to: GALLO

Je­an de Vil­liers

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.