A­na­so blaf saam met gróót hon­de

Net Bolt en Gat­lin klop SA kam­pi­oen

Beeld - - Front Page - Sa­rel van der Walt

Suk­ses kweek suk­ses! Net ’n dag na­dat Way­de van Nie­kerk hom met ’n skit­ter-ver­to­ning op die Wê­reld-at­le­tiek­kam­pi­oen­skap tot in die har­te van Suid-A­fri­ka­ners ge­hard­loop het, het die 22-ja­ri­ge A­na­so Jo­bod­wa­na ’n brons­me­dal­je in die 200 m vir mans ver­o­wer.

En Jo­bod­wa­na het dit met ’n nu­we Suid-A­fri­kaan­se re­kord van 19.87 sek. ge­doen. Hy het die ein­ste re­kord van 19.94 sek. wat Van Nie­kerk vroe­ër van­jaar op­ge­stel het, ver­be­ter. Dit is die eer­ste keer dat Jo­bod­wa­na deur die 20 sek.-g­rens ge­breek het.

Van Nie­kerk het Woens­dag die vlam van suk­ses aan­ge­steek toe hy die 400 m vir mans op bril­jan­te wy­se in 43.48 sek. ge­wen het.

Tot Woens­dag het Suid-A­fri­ka nog nooit ’n me­dal­je in die na­el­lo­pe op die Wê­reld­kam­pi­oen­skap­pe ver­o­wer nie. Nou het hy twee bin­ne 24 uur ge­wen.

Jo­bod­wa­na, ’n boor­ling van die Oos-Kaap wat dees­dae in die VSA woon en oe­fen, het Alon­so Ed­ward met net ’n twee­dui­send­ste van ’n se­kon­de ge­klop!

Die Ja­mai­kaan U­sain Bolt, wê- reld­re­kord­hou­er in die 100 m en die 200 m, en die A­me­ri­ka­ner Jus­tin Gat­lin het die Suid-A­fri­kaan­se kam­pi­oen ge­klop.

Bolt se wen­tyd was 19.55 sek. – die vin­nig­ste tyd van­jaar in die wê­reld. Gat­lin se tyd was 19.74 sek.

Bolt het Gat­lin Son­dag met ’n hon­derd­ste van ’n se­kon­de in die eind­stryd van die 100 m ge­klop. Dié keer het die vin­nig­ste man op aar­de dit mak­li­ker in sy guns­te­ling-i­tem ge­doen.

Dit is sy der­de op­een­vol­gen­de goue me­dal­je in die 200 m.

Vir die men­se wat ge­won­der het: Jo­bod­wa­na is nié ’n een­dag­won­der nie.

Hy het drie jaar ge­le­de op die O­lim­pie­se S­pe­le in Londen die eind­ron­de van die 200 m ge­haal.

Voorts het die Suid-A­fri­ka­ner nou in drie ag­ter­een­vol­gen­de Wê­reld­kam­pi­oen­skap­pe die 200 m-eind­ron­de ge­haal.

Jo­bod­wa­na is Sa­ter­dag in die 100 m-uit­dun­ne ge­dis­kwa­li­fi­seer.

Hy het la­ter er­ken hy het dit met op­set ge­doen om op die 200 m te fo­kus.

) Suid-A­fri­ka het an­der­sins nie ’n goeie aand­ses­sie in Bei­jing ge­had nie.

Jus­ti­ne Palf­ra­man (23.04 sek.) is in die 200 m vir vroue uit­ge­ska­kel, Cas­ter Se­me­nya (2:03.18) was laas­te in haar uit­dun in die 800 m vir vroue en K­hot­so Mo­koe­na (16.81 m) moes met die ne­gen­de plek in die eind­ron­de van die drie­sprong vir mans te­vre­de wees.

In die og­gend­ses­sie het Jo­han Cron­jé (3:43.29), wat op die vo­ri­ge Wê­reld­kam­pi­oen­skap­pe in Moskou, Rus­land, die brons­me­dal­je in die 1 500 m vir mans ge­wen het, tot die half­eind­ron­de deur­ge­dring. Dumisane Hla­se­lo het ’n vin­ni­ger tyd (3:40.25) as Cron­jé ge­hard­loop, maar is uit­ge­ska­kel om­dat hy in sy uit­dun ne­gen­de was.

) Cron­jé hard­loop van­dag om 13:55 (Suid-A­fri­kaan­se tyd) in die half­eind­ron­de.

Fo­to: IAN WAL­TON | GETTY I­MA­GES

A­na­so Jo­bod­wa­na, brons­me­dal­je­wen­ner in die 200 m vir mans.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.