‘Ras­sis­me by Puk lei tot ste­ke­ry’

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Potchefstroom. – Vier stu­den­te het Don­der­dag voor die land­dros­hof be­toog vir die reg­te van Le­ra­to M­pa­ti P­hoof­o­lo, die Puk-stu­dent wat ’n me­de­stu­dent glo met ’n skêr ge­steek het.

Die saak van aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer is tot Maan­dag uit­ge­stel om­dat daar ver­war­ring by die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te oor P­hoof­o­lo (24) se ver­sky­nings­da­tum was en hy nie hof toe ge­bring is nie.

Sy borg­tog is ver­le­de week te­rug­ge­trek na­dat hy sy borg­voor­waar­des oor­tree het.

Die hand­jie­vol stu­den­te van die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit (NWU) se Potchefstroom-kam­pus wat Don­der­dag vir P­hoof­o­lo be­toog het, be­weer hy het Hen­dri van Dyk drie keer met die skêr ge­steek om­dat hy “daar­toe ge­dryf is weens die Puk se ras­sis­tie­se A­fri­ka­ner­na­si­o­na­lis­tie­se hou­ding”.

Die voor­val het op 14 Au­gus­tus om­streeks 07:00 in die O­ver- de-Voor-mans­kos­huis ge­beur. Van Dyk, (22) ’n lid van die kos­huis se huis­ko­mi­tee, het ver­tel P­hoof­o­lo het hom met die skêr aan­ge­val na­dat hy hom gaan vra het om sy mu­siek sag­ter te stel. Van Dyk is nie erns­tig be­seer nie.

Ig­na­ti­us Mok­hat­le, een van die be­to­gen­de stu­den­te, het Don­der­dag ge­sê hul­le ver­teen­woor­dig die Puk Trans­for­ma­sie­fo­rum. Vol­gens Mok­hat­le het P­hoof­o­lo vóór die ge­beu­re ge­kla dat swart wer­kers nie die hys­bak­ke in O­ver-de-Voor mag ge­bruik nie en swaar toe­rus­ting by trap­pe moet op­dra.

Jo­han van Zyl, Puk-kam­pus­woord­voer­der, het ge­sê O­ver-deVoor het nie eens hys­bak­ke nie.

Lou­is Ja­cobs, NWU-woord­voer­der, het ge­sê e­ni­ge be­we­ring van ras­sis­me of an­der vor­me van dis­kri­mi­na­sie word in ’n baie erns­ti­ge lig be­skou. “Ons is een van wei­nig u­ni­ver­si­tei­te in die land wat ’n eie men­se­reg­te­kom­mis­sie het met ’n on­af­hank­li­ke voor­sit­ter van bui­te waar sul­ke klag­te aan­ge­meld kan word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.