Geen geld vir he­li’s

Ne­ne wil nie VN se by­drae oor­be­taal

Beeld - - Nuus - C­harl du P­les­sis

Die le­we van Suid-A­fri­kaan­se vlie­ë­niers en sol­da­te wat in die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go (DRK) ont­plooi is, kan dalk in ge­vaar wees om­dat die re­ge­ring mil­joe­ne ran­de weer­hou wat vir die in­stand­hou­ding van he­li­kop­ters be­doel is.

Nhlanhla Ne­ne, mi­nis­ter van fi­nan­sies, wei­er ten spy­te van ’n ge­skre­we ver­soek deur die mi­nis­ter van ver­de­di­ging, No­si­vi­we Ma­pi­sa-N­qa­ku­la, om mil­joe­ne ran­de vir die in­stand­hou­ding van die lug­mag­he­li­kop­ters in die DRK be­skik­baar te stel.

Die Ver­e­nig­de Na­sies (VN) be­taal dié geld aan die re­ge­ring vir die ont­plooi­ing van drie Rooi­valk-aan­vals­he­li­kop­ters en vier Oryx-he­li­kop­ters, so­wel as die 850 Suid-A­fri­kaan­se sol­da­te wat ook in die DRK ont­plooi is.

Dié geld gaan eg­ter reg­uit na die staats­kas toe en kom nie by die lug­mag uit nie.

Die si­tu­a­sie het nou glo breek­punt be­reik, met die hoof van die weer­mag se ge­sa­ment­li­ke o­pe­ra­sies in die DRK wat dreig om Suid-A­fri­ka se he­li­kop­ters te ont­trek.

Sam Gu­lu­be, die se­kre­ta­ris van ver­de­di­ging, het Woens­dag die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor ver­de­di­ging om hulp ge­smeek.

Hy het ge­sê hy moes on­langs in­gryp om te keer dat die he­li­kop­ters nie deur die weer­mag se be­vel­voer­der huis toe ge­stuur word nie.

“Hy sê: ‘Ek kan hul­le nie daar hou nie, die ri­si­ko is te groot vir le­de van die weer­mag om he­li­kop­ters te ge­bruik wat swak in stand ge­hou word’.

“In­der­daad, som­mi­ge van die he­li­kop­ters was klaar op vlieg­tuie ge­laai toe ons hul­le moes keer en sê: ‘Wag, wag, wag! Kom ons kyk of ons ’n op­los­sing kan vind’.”

Gu­lu­be het ge­sê hy kon sy “oë nie glo nie” toe hy ’n brief van die di­rek­teur-ge­ne­raal van die te­sou­rie ont­vang het wat lui die de­par­te­ment van ver­de­di­ging gaan nie die VN-geld kry nie en dat dit in­ge­vol­ge die Grond­wet na die te­sou­rie toe moet gaan.

“Ek het da­de­lik na die mi­nis­ter (van ver­de­di­ging) ge­gaan en sy het da­de­lik ’n brief vir die mi­nis­ter van fi­nan­sies (Ne­ne) ge­skryf.

“Ook (Ne­ne) het ge­sê ons gaan nie die geld kry nie,” het Gu­lu­be Don­der­dag ge­sê.

P­hil­lip Mhlon­go, EFF-LP, het Woens­dag ge­sê Gu­lu­be se plei­dooi moet erns­tig op­ge­neem word.

Fo­to: DA­VID NOMTSHONGWANA

’n Rooi­valk­he­li­kop­ter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.