‘Wat be­hels dié reg­ruk?’

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Po­lo­kwa­ne. – Die de­par­te­ment van on­der­wys in Lim­po­po moet weer on­der ad­mi­nis­tra­sie ge­plaas word, sê die DA.

S­tan Mat­ha­ba­tha, p­re­mier, het ver­le­de week aan­ge­kon­dig dat ’n span fi­nan­si­ë­le kun­di­ges na die de­par­te­ment ge­stuur is om ’n “reg­ruk-ak­sie” te be­werk­stel­lig.

Ja­c­ques S­mal­le, DA-lei­er in die pro­vin­sie, het ge­sê hy dring daar­op aan dat Ish­ma­el K­ge­tje­pe, LUR vir on­der­wys, en Rob Too­l­ey, LUR vir die pro­vin­si­a­le te­sou­rie, ’n vol­le­di­ge ver­slag be­skik­baar stel oor wat die “reg­ruk-ak­sie” be­hels.

Die de­par­te­ment het be­rug ge­word weens die hand­boekskan­daal in 2012 toe der­dui­sen­de leer­lin­ge nie s­kool­hand­boe­ke ge­kry het nie.

Die de­par­te­ment was een van vyf in Lim­po­po wat se­dert De­sem­ber 2011 on­der na­si­o­na­le ad­mi­nis­tra­sie was. Dit is eers on­langs op­ge­hef.

In die 2013-’14-boek­jaar, toe die na­si­o­na­le ad­mi­nis­tra­teurs nog ont­plooi was, kon die de­par­te­ment nie R1,7 mil­jard be­stee nie en moes dit aan die te­sou­rie te­rug­ge­gee word.

“Dit is dui­de­lik dat die ad­mi­nis­tra­teurs sa­ke in die de­par­te­ment nie ver­be­ter het nie en ook nie stel­sels in­ge­stel het om die si­tu­a­sie te ver­be­ter nie,” het S­mal­le ge­sê.

Die on­der­wys­de­par­te­ment is tot in sy “kern ver­rot”, meen hy.

Lui­dens die ou­di­teur-ge­ne­raal (OG) se ver­slag vir die 2013-’14boek­jaar is R168 mil­joen se vrug­te­lo­se en ver­spil­de uit­ga­wes in die boek­jaar aan­ge­gaan.

Ver­le­de jaar het hon­der­de kin­ders siek ge­word weens vrot kos wat hul­le in die na­si­o­na­le voe­ding­ske­ma ge­kry het.

Nog ’n groot pro­bleem is die ja­re lan­ge ge­sloer met die ver­skui­wing van leer­lin­ge van die ver­val­le Se­tot­lo­wa­ne-skool vir ge­strem­des bui­te Po­lo­kwa­ne na ’n nu­we skool­ge­bou in Man­k­weng, wat in­tus­sen ge­plun­der is.

Dr. Na­le­d­za­ni Ra­si­la, woord­voer­der van die on­der­wys­de­par­te­ment, het nie skrif­te­li­ke vrae van Beeld be­ant­woord nie oor waar­om die pro­ble­me nie in die ad­mi­nis­tra­sie­tyd op­ge­los is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.