‘Goeie’ A­fri­can Bank kry groen lig

Beeld - - Sake -

Die Raad op Fi­nan­si­ë­le Diens­te (RFD) het uit­ein­de­lik ’n bank­li­sen­sie vir A­fri­can Bank se “goeie bank” toe­ge­staan.

A­fri­can Bank is in Au­gus­tus 2014 on­der ku­ra­tor­skap ge­plaas, waar­na be­sluit is om die bank te her­struk­tu­reer tot ’n “goeie bank” waar­van die swak skuld af­ge­skryf is.

Hier­die nu­we bank, wat blyk­baar die A­fri­can Bank­han­dels­naam sal be­hou, sou na ver­wag­ting in Ok­to­ber van­jaar reeds sa­ke be­gin doen het. In Ju­lie het A­fri­can Bank se ku­ra­tor, Tom Win­ter­boer, eg­ter in ’n Sens-ver­kla­ring laat weet die her­struk­tu­re­ring is ver­traag.

Hoe­wel die skep van die nu­we bank nou die goed­keu­ring van so­wel die RFD as die Re­ser­we­bank het, sal dié bank eers sa­ke kan be­gin doen so­dra dit krag­tens die Bank­wet ge­re­gis­treer is.

Die nu­we bank wag ook vir goed­keu­rig van die Na­si­o­na­le K­re­die­tre­gu­leer­der vir ’n kre­diet­ver­skaf­fers­li­sen­sie.

B­ri­an Ri­ley, die aan­ge­we­se uit­voe­ren­de hoof van die nu­we bank en voor­heen die uit­voe­ren­de hoof van Wes­Bank, sê die goed­keu­ring van die bank­li­sen­sie is ’n be­dui­den­de stap voor­uit. “Ons sal voort­aan pro­ak­tief en kon­struk­tief met die re­gu­leer­ders saam­werk en in die be­son­der die Re­ser­we­bank, wat ’n be­lang­ri­ke rol­spe­ler in die bank se be­kend­stel­ling is.”

A­fri­can Bank moe­nie met sy ge­no­teer­de be­heer­maat­skap­py A­fri­can Bank In­ves­t­ments (A­bil), wat in sa­ke­red­ding is, ver­war word nie.

Ver­han­de­ling in A­bil is in Au­gus­tus 2014 op­ge­skort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.