Co­sa­tu skryf aan Sa­ru hoe Bok­ke moet lyk

Beeld - - Nuus - A­let Jan­se van Rens­burg en Mal­her­be Nie­na­ber

Kaapstad. – Co­sa­tu het sy ei­se vir ’n ge­trans­for­meer­de S­pring­bok-rug­by­span Don­der­dag in ’n amp­te­li­ke skry­we aan die SuidA­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) en die mi­nis­ter van sport en ont­span­ning uit­een­ge­sit.

Lui­dens die brief, wat deur To­ny Ehren­reich, Wes-Kaap­se se­kre­ta­ris van Co­sa­tu, ge­skryf is, hoop die vak­ver­bond dit sal die be­gin wees van ’n op­bou­en­de o­pen­ba­re ge­sprek oor trans­for­ma­sie in die S­pring­bok-span.

“Die na­si­o­na­le sport­span­ne is na­si­o­na­le ba­tes waar­oor daar op ’n deur­sig­ti­ge wy­se ge­sprek ge­voer moet word, ver­al in ag ge­no­me die mis­luk­king van trans­for­ma­sie tot dus­ver,” lui die brief.

“Sa­ru se nar­ra­tief dat swart spe­lers nie so goed soos wit spe­lers is nie, is vir al­tyd ver­nie­tig toe ’n ‘swar­ter’ S­pring­bok-span die­self­de Ar­gen­ty­ne wat voor­heen ’n ‘wit­ter’ span ge­klop het, ge­wen het.”

’n Sa­ru-woord­voer­der het in re­ak­sie ge­sê hul­le be­oog nie om die kwes­sie ver­by die strek­king van hul stra­te­gie­se trans­for­ma­sie­plan te neem nie. “Ons stra­te­gie­se trans­for­ma­sie­plan han­teer baie van die on­der­wer­pe wat aan­ge­raak word, as­ook baie wat nie ge­noem word nie. Ons is te­vre­de dat ons ’n pad vo­ren­toe uit­ge­werk het vir die sport.”

Co­sa­tu het Woens­dag­aand op ’n ver­ga­de­ring in Sout­ri­vier ge­dreig om op plaas­li­ke en in­ter­na­si­o­na­le vlak by rug­by­wed­stry­de te be­toog.

Dit sal deel vorm van sy pro­gram van “ra­di­ka­le mas­sa-ak­sie” wat ten doel het om fi­nan­sie­ring en borg­skap­pe aan die S­pring­bok-span te sny.

“Ons sien pro­tes­op­tre­de as deel van die de­mo­kra­tie­se pro­ses in Suid-A­fri­ka en ge­bruik dit as die ab­so­lu­te laas­te uit­weg om ’n drin­gen­de kwes­sie te han­teer,” lui die brief.

Peter de Vil­liers, voor­ma­li­ge S­pring­bok-af­rig­ter, het op die ver­ga­de­ring ge­sê ’n “wit a­gen­da” is ná 1995 in rug­by be­vor­der om die sport se kul­tuur glo te be­waar. Geld en sa­ke­be­lan­ge in rug­by het “die na­tuur­li­ke groei van trans­for­ma­sie” ge­stop, vol­gens hom.

“Jul­le moet ver­staan . . . ek was die S­pring­bok-af­rig­ter en dit was ’n reu­se-eer, maar ek’s steeds swart en wan­neer hul­le swart men­se oor die hoof sien, kan ek dit nie toe­laat nie.”

Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van sport en ont­span­ning, het nie op na­vrae ge­re­a­geer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.