Way­de wil dié re­kord in­haal

Doel is om met el­ke wed­loop te ver­be­ter

Beeld - - Nuus -

Bei­jing. – Way­de van Nie­kerk, die nu­we goue seun van Suid-A­fri­kaan­se at­le­tiek, sê hy kan in die toe­koms ’n aan­slag op die wê­reld­re­kord maak om sy stem­pel in die 400 m af te druk.

Van Nie­kerk het Woens­dag hier op die Wê­reld­kam­pi­oen­skap die goue me­dal­je met ’n spog­tyd van 43,48 sek. ver­o­wer.

Dit was die ses­de bes­te tyd in die ge­skie­de­nis. Die A­me­ri­ka­ner Mi­cha­el John­son se wê­reld­re­kord is 43,18 sek.

Dit was die bes­te 400 m-wed­loop tot nog toe, want die eer- ste drie at­le­te het die droom­grens van 44 sek. oor­ge­steek.

Die A­me­ri­ka­ner LaS­ha­wn Merritt was twee­de in 43,65 sek. met G­re­na­da se Ki­ra­ni Ja­mes, die O­lim­pie­se kam­pi­oen, der­de in 43,78 sek.

Van Nie­kerk is ná sy se­ge op ’n draag­baar af­ge­dra. Hy is la­ter in die hos­pi­taal be­han­del vir ’n lae bloed­sui­ker­vlak.

Na­dat dié 23-ja­ri­ge Ko­v­sie­stu­dent van Bloem­fon­tein Don­der­dag sy goue me­dal­je ont­vang het, het Van Nie­kerk ge­sê hy glo John­son se re­kord – wat nou al 16 jaar in die re­kord­boe- ke pryk – was die A­me­ri­ka­ner se stem­pel op at­le­tiek.

“Ek sal op my eie ma­nier my stem­pel moet af­druk. Dit pro­beer ek na die bes­te van my ver­moë doen.

“My doel is om met el­ke wed­loop be­ter te word. As die re­kord een­dag my­ne is, sal ek dank­baar teen­oor die He­re wees.”

Die Bloem­fon­tein­se at­leet, wat deur Ans Bo­tha af­ge­rig word, was tot ’n paar jaar ge­le­de ’n hoog­sprin­g­at­leet.

Hy het vroe­ër van­jaar s­legs die vier­de at­leet in die ge­skie­de­nis ge­word wat die 400 m in min­der as 44 sek. én die 200 m in vin­ni­ger as 20 sek. kon af­lê.

Hy het Don­der­dag ver­tel die eind­ron­de van Woens­dag se 400 m was se­nu­ter­gend.

“Ek het ge­weet ek het ’n to­p­at­leet soos LaS­ha­wn Merritt aan my bui­te­kant en moet so gou moont­lik in­haal.

“By om­trent die 200 m-merk het ek ge­sien ek het ’n klein voor­sprong op hom.

“Dis toe dat ek God ge­vra het om my nie te los nie,” het Van Nie­kerk ge­sê. Ek het har­der en har­der be­gin druk. Oor die laas­te 50 m het my be­ne be­gin in­gee, maar ek het net aan­hou veg,” het Van Nie­kerk ge­sê.

A­na­so Jo­bod­wa­na het Van Nie­kerk se Suid-A­fri­kaan­se re­kord van 19,94 sek. in die 200 m Don­der­dag op die­self­de by­een­koms tot 19,87 sek. ver­be­ter toe hy die brons­me­dal­je ge­wen het.

Ek sal op my eie ma­nier my stem­pel moet af­druk. Dit pro­beer ek na die bes­te van my ver­moë doen.

Fo­to: DAMIR SAGOLJ, REU­TERS

Way­de van Nie­kerk, die nu­we goue seun van SuidA­fri­kaan­se at­le­tiek, met die goue me­dal­je wat hy in die 400 m vir mans op die Wê­reld­kam­pi­oen­skap in Bei­jing ver­o­wer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.