Tu­tu het lank­al sy be­graf­nis be­plan – dog­ter

Beeld - - Nuus - A­let Jan­se van Rens­burg

Kaapstad. – E­me­ri­tus aarts­bis­kop Des­mond Tu­tu (83) het sy be­graf­nis reeds so­wat 20 jaar ge­le­de haar­fyn be­plan.

“Hy pas sy be­graf­nis­re­ë­lings ge­reeld aan deur ’n lied by te voeg of ’n pre­di­ker wat hy oor­leef het van die pro­gram af te haal, maar die he­le pro­gram is eint­lik klaar be­plan,” het sy dog­ter, eerw. Mp­ho Tu­tu, Don­der­dag op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie by die Des­mond en Le­ah Tu­tustig­ting ge­sê.

Sy fa­mi­lie hoef hul­le dus nie in dié s­ta­di­um oor die re­ë­lings te be­kom­mer nie.

Tu­tu se te­sta­ment is ook lank­al ge­skryf.

Eerw. Tu­tu het ge­sê haar pa vor­der goed met sy be­han­de­ling en sal waar­skyn­lik teen ein­de vol­gen­de week ná twee we­ke in die hos­pi­taal ont­slaan kan word. Hy sal steeds me­di­ka­sie kry, maar dit mon­de­lings kan neem en dus nie in die hos­pi­taal hoef te bly nie.

Sy het ge­sê die blom­me, e-pos, kaar­tjies en ver­al grap­pies wat hy ge­du­rig ont­vang, hou hom in ’n goeie luim.

“Hy is nie bed­lê­end nie en kan op­staan en rond­loop,” het sy ge­sê. “Hy is maar oud en sy ken­mer­ken­de e­ner­gie is nie al­tyd daar nie. Ons is steeds be­sorg oor hom, maar die dok­ters is baie te­vre­de met sy vor­de­ring.”

Vol­gens eerw. Tu­tu is haar pa ’n goeie pa­si­ënt, in die sin dat hy nooit kla nie. Dit kan ook die ver­ple­ërs se werk be­moei­lik aan­ge­sien hy nie sê wan­neer hy on­ge­mak­lik is nie.

Tu­tu is glo ge­reeld in ver­bin­ding met oud­pres. Jim­my Car­ter (91) van die VSA wat tans vir le­wer­kan­ker be­han­del word. Ook sir Richard Bran­son en le­de van The El­ders is ge­reeld met hom in ver­bin­ding. Hy het ook ’n per­soon­li­ke bood­skap van pres. Ja­cob Zu­ma ont­vang.

“My pa hou aan om vir kwel­len­de kwes­sies, soos vlug­te­lin­ge en slag­of­fers van oor­log­ge­teis­ter­de lan­de, te bid,” het eerw. Tu­tu ge­sê.

E­me­ri­tus aarts­bis­kop Des­mond Tu­tu

Fo­to: NASIEF MA­NIE

Eerw. Mp­ho Tu­tu

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.