Par­le­men­tê­re in­men­ging by Ma­ties net die be­gin, sê ANC

Beeld - - Nuus - Sa­man­tha van den Berg en A­let Jan­se van Rens­burg

Kaapstad. – Die par­le­men­tê­re “in­gry­ping” by die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch (US) is maar net die be­gin.

Dit moet die weg baan vir “ag­gres­sie­we op­tre­de” teen s­ko­le en u­ni­ver­si­tei­te wat steeds “on­mens­li­ke prak­ty­ke” koes­ter, lui ’n ver­kla­ring wat die kan­toor van die ANC se hoof­sweep, S­to­ne Si­za­ni, Don­der­dag uit­ge­reik het.

“Trans­for­ma­sie, nie-ras­sig­heid en ras­se-in­te­gra­sie by in­stel­lings kan nie meer on­der­han­del­baar wees nie.”

Le­de van die US-be­stuur en -stu­den­te­raad moet Dins­dag voor die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor ho­ër on­der­wys en op­lei­ding ver­skyn na­dat stu­den­te wat lid van die stu­den­te­be­we­ging O­pen S­tel­len­bosch (OS) is in ’n vi­deo be­we­rings van ras­sis­me teen die u­ni­ver­si­teit ge­doen het.

Die do­ku­men­tê­re vi­deo, ge­ti- teld Luis­ter, be­vat ver­tel­lings van 22 stu­den­te en ’n do­sent van die US se er­va­rings van ras­sis­me in S­tel­len­bosch én op die Ma­tie-kam­pus.

Die ANC het Don­der­dag ge­sê be­ne­wens ’n ver­ga­de­ring met die Suid-A­fri­kaan­se Men­se­reg­te­kom­mis­sie sal die voor­sit­ter van die por­te­feul­je­ko­mi­tee ook van­dag met ver­teen­woor­di­gers van O­pen S­tel­len­bosch ver­ga­der.

Dié ver­ga­de­ring het ten doel om ge­noeg in­lig­ting in te sa­mel in die aan­loop tot die ver­ga­de- ring met die US-be­stuur Dins­dag.

Die uit­ein­de daar­van sal die par­le­ment help om oor die no­di­ge in­gry­pen­de maat­re­ëls vir die u­ni­ver­si­teit te be­sluit, lui die ver­kla­ring.

“Dit is ui­ters ge­meen dat jong swart stu­den­te – van wie baie ná a­part­heid ge­bo­re is – net weens hul vel­kleur in on­mens­li­ke en ver­ne­de­ren­de om­stan­dig­he­de moet ly,” het die ANC ge­sê.

Die si­tu­a­sie op die Ma­tie-kam- pus het van­dees­week ver­der uit­ge­kring na­dat OS Woens­dag ’n ope brief aan die mi­nis­ter van ho­ër on­der­wys en op­lei­ding, dr. Bla­de N­zi­man­de, ge­rig en hom ver­soek het om die be­we­ging in die o­pen­baar te on­der­steun.

OS eis on­der meer dat al­le klas­se in En­gels be­skik­baar moet wees, die u­ni­ver­si­teits-kul­tuur moet ver­an­der en dat die in­stel­ling sy rol in a­part­heid in die o­pen­baar moet er­ken.

Die mi­nis­ter het in ’n ver­kla­ring daar­op ge­re­a­geer deur te sê hy het reeds aan die US-raads­voor­sit­ter ge­skryf en ’n ver­slag aan­ge­vra oor hoe die US die kwes­sies gaan op­los.

Die u­ni­ver­si­teit het dié week ont­vangs van die Luis­ter- vi­deo er­ken en die ge­leent­heid om met die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee te praat ver­wel­kom.

Prof. Wim de Vil­liers, US-rek­tor en vi­se­kan­se­lier, het Woens­dag­aand by ’n ge­leent­heid vir nu­we stu­den­te­lei­ers ge­sê die u­ni­ver­si­teits­ge­meen­skap moe­nie ver­ras of be­angs wees oor die on­stui­mig­heid op die kam­pus nie. Ver­an­de­ring is al­tyd moei­lik. “Ons kan eint­lik sê as dit nie on­ge­mak­lik is nie, dan doen ons dit nie reg nie. Daar­om is u­ni­ver­si­tei­te so be­lang­rik – dit is daar­die kri­tie­se den­ke wat eie aan u­ni­ver­si­tei­te is.”

“Dit (die vi­deo) het te­kort­ko­min­ge, maar dit is be­lang­rik om daar­by be­trok­ke te word. Lei­ers ver­my nie kwes­sies nie, maar pak dit tromp­op,” lui sy toe­spraak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.