Die ko­nin­gin

van boe­re­kos se pot­jies

Beeld - - Front Page -

Saans as die gas­te te­rug­ry Kaap toe, is dit nie net die klein­kin­ders wat om­val en slaap nie, maar ook ons wat om­dop, te­vre­de en poe­gaai.

‘Ons lag vir beurt­krag,” sê Di­ne van Zyl, Suid-A­fri­ka se boe­re­kos­ko­nin­gin, “want ons maak graag pot­jie­kos.”

Haar jong­ste boek, Pot­jie­kos en pot­praat­jies, is prop­vol beproefde re­sep­te en ook tra­di­si­o­ne­le pot­jies – nog be­ter as wat jy al uit haar boe­ke ge­proe het.

Daar is boon­op pot­poe­dings om oor huis toe te skryf en ’n klomp hu­mo­ris­tie­se sto­ries.

“Son­dae maak ons vuur en dek die lang ta­fel op die stoep,” ver­tel Di­ne.

“Die kin­ders en klein­kin­ders en die he­le uit­ge­brei­de fa­mi­lie kom kui­er. Vrien­de voel ook la­ter soos fa­mi­lie.”

Die he­le week word die ete be­plan.

‘‘Dit moet een­vou­dig wees en mak­lik om te be­rei, want wie wil nou werk ter­wyl die an­der reg­uit­been­tjies sit?

‘‘Pot­jie­kos is die ant­woord. Met ’n jag­ter in die fa­mi­lie is daar al­tyd wilds­vleis en ons maak graag ’n wild­spot­jie met ’n bie­tjie lams­rib­be­tjie by vir die ryk­heid.

‘‘Jy kan die­self­de pot­jie net van lams­vleis maak. Die klein­goed moet help om die voor­ge­reg te ver­sa­mel. Laag­wa­ter sui­ker al­mal af see toe en pluk ’n paar swart­mos­sels van die rot­se.

‘‘Dit is ’n ge­lag en ge­skree – soms word hul­le nat­ge­slaan, soms val een in die wa­ter, hier en daar is ’n nerf­af knie, maar ein­de­lik is hond en kind weer al­mal by die huis.

‘‘Son­dae is fa­mi­lie­dae en ter­wyl die pot­jie prut, ge­sels die ou­es van dae op die stoep en die jon­ge­res speel krie­ket, vang pad­da­vis­sies of stoei op die gras.

‘‘E­tens­tyd sit al­mal om die ta­fel. Ons ge­niet die kos en ons ge­niet me­kaar.

‘‘Die na­ge­reg word ge­maak van die vrug­te van die sei­soen. Elk­een kry ’n klein drie­poot­pot­jie, en maak sy eie vrug­te­pot­jie.

‘‘Saans as die gas­te te­rug­ry Kaap toe, is dit nie net die klein­kin­ders wat om­val en slaap nie, maar ook ons wat om­dop, te­vre­de en poe­gaai.’’

. Pot­jie­kos en pot­praat­jies deur Di­ne van Zyl word uit­ge­gee deur Di­ne van Zyl Pu­bli­ka­sies.

Be­soek di­ne­van­zyl.co.za.

Ta­ma­tie­en­wilds­vleis­pot­jie

Jy het no­dig (dit is ge­noeg vir 6): 1 kg ryp ta­ma­ties 4 eet­le­pels kook­o­lie om in te braai 600 g wilds­vleis, op­ge­saag (of lams­vleis) 600 g skaap­rib, op­ge­kap 4 uie, grof­ge­kap 4 knof­fel­hui­sies, grof­ge­kap 1 eet­le­pel vars gem­mer, grof­ge­kap 1 tee­le­pel kol­jan­der, grof­ge­stamp 2 ster­a­nys­sa­de 1 eet­le­pel sout ’n paar draaie swart­pe­per ’n paar tak­kies o­ri­ga­num 3 lou­rier­bla­re 1 glas rooi­wyn 2 eet­le­pels soet blat­jang nog sout en pe­per 1 eet­le­pel bruin­sui­ker

Só maak ’n mens: 1. Sny krui­se aan die on­der­kant van die ta­ma­ties, dom­pel in kook­wa­ter en laat staan twee mi­nu­te. D­rei­neer en trek die skil­le­tjies af. Kap die helf­te van die ta­ma­ties in blok­kies; die res word in dik rin­ge ge­sny. 2. Ver­hit die kook­o­lie in die pot­jie en braai die vleis goed bruin aan al­le kan­te. Moe­nie al die vleis ge­lyk in­gooi nie, want dit sal jou pot­jie laat af­koel en dan kook die vleis, pleks van braai. 3. Skep die vleis uit en hou een­kant. 4. Braai die uie in die­self­de o­lie in die pot­jie en voeg die knof­fel, gem­mer, kol­jan­der en ster­a­nys by. Braai so drie mi­nu­te. Gooi dan die vleis te­rug in die pot en meng dit met die uie. 5. Strooi die sout en ’n paar draaie swart­pe­per oor. Sit die tak­kies o­ri­ga­num en lou­rier­bla­re bo­op en gooi ’n laag van die fyn­ge­kap­te ta­ma­ties oor. Voeg die glas rooi­wyn by. 6. Sit die dek­sel op en laat dit on­ge­veer twee uur prut – die tyd sal af­hang van hoe taai die wilds­vleis is. Die vleis moet be­gin sag word maar nog nie sag wees wan­neer jy die blat­jang by­voeg en die res van die ta­ma­ties bo­op pak nie. 7. Strooi weer sout en pe­per en ’n bie­tjie bruin­sui­ker oor, sit die dek­sel op en laat 40 mi­nu­te tot ’n uur prut, tot­dat die ta­ma­ties sag is. Sit dit op rys voor.

Fo­to’s: DI­NE VAN ZYL

’n Heer­li­ke pot­jie vir ’n Son­dag­maal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.