Te­rug op die sil­wer­doek

Beeld - - Front Page - C­HAR­LEA SIE­BER­HA­GEN @C­har­le­a_S

Vir die eer­ste keer in 30 jaar is die E­vi­ta Be­zui­den­hout-rol­prent Ska­ting on Thin Uys weer in Suid-A­fri­ka ver­toon.

Die vol­leng­te fliek is in 1985 uit­ge­reik en bin­ne drie we­ke ver­bied.

Die sa­ti­ri­kus Pie­ter-Dirk Uys het Don­der­dag­aand by ’n spe­si­a­le ver­to­ning daar­van by die Sil­wer­skerm­fees in Kamps­baai ge­sê die film­rol­le het kort ná daar­die drie we­ke raai­sel­ag­tig “ver­dwyn”.

Net een rol het oor­ge­bly – die een wat na Uys se a­gent in Londen ge­stuur is so­dat die fliek moont­lik op die Can­nes-fliek­fees ver­toon kon word.

“Ná 30 jaar het ons ein­de­lik kans om dit te sien,” het Uys ná Don­der­dag­aand se ver­to­ning ge­sê.

“Dit is ’n snaak­se ge­voel om die ou ding weer te sien.”

Die ver­to­ning was ook be­doel om Uys se 70ste ver­jaar­dag en E­vi­ta Be­zui­den­hout se 80ste ver­jaar­dag van­jaar te vier.

In die fliek word ky­kers in ’n kort do­ku­men­têr aan E­vi­ta Be­zui­den­hout be­kend ge­stel. Dan be­gin die sto­rie van hoe Be­zui­den­hout ’n stuk grond waar­op o­lie ont­dek is, moet te­rug­kry van die “Re­pu­bliek van Ba­pe­ti­kos­we­ti” aan wie sy dit ge­gee het.

En tan­nie E­vi­ta, soos sy in die volks­mond be­kend staan, het na­tuur­lik ’n draai ge­maak by die Sil­wer­skerm­fees. Uit­ge­vat in swart en rooi, wui­wend met haar ju­we­le so skit­ter­blink soos al­tyd, het sy die ska­re ge­groet.

“80 is the new 45!” het Be­zui­den­hout ge­sê.

Sy het ge­sê dit is vir haar am­per on­moont­lik om te be­sluit wie haar guns­te­ling-pre­si­dent is: Ja­cob Zu­ma of PW Bo­tha.

“Wel, PW Bo­tha het net een vrou ge­had en Ja­cob Zu­ma tel nog op sy vin­gers!

“Ag, sies­tog, ou PW. Ons het hom ein­de­lik te­rug­ge­stuur na die Wil­der­nis waar hy hoort, nè!

“Ek het Va­li­um in sy o­ran­ge jui­ce ge­sit in 1989. En dit is so lank ge­le­de. My klein­kin­ders weet nie eens wie hy was nie!

“En dit is be­lang­rik, soos ek al­tyd sê, we must re­mem­ber w­he­re we co­me from so we can ce­le­bra­te w­he­re we are going.”

Vol­gens Be­zui­den­hout is Zu­ma ’n “baie be­leef­de man”.

“Hy be­han­del my met groot re­spek.

“Wel, ek was nog nooit al­leen in ’n ka­mer saam met hom nie, so ek weet nie wat daar ge­beur nie.”

Fo­to: LE­RA­TO MADUNA

Tan­nie E­vi­ta Be­zui­den­hout by die Sil­wer­skerm­fees in Kamps­baai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.