Bly kalm en

hou aan be­lê, al skom­mel die mark­te

Beeld - - Front Page - . An­dró G­ries­sel is ’n ge­ser­ti­fi­seer­de fi­nan­si­ë­le be­plan­ner en be­stu­ren­de di­rek­teur van ProVér­te We­alth. Hy skryf voort­aan twee­week­liks vir Sa­ke. AN­DRÓ G­RIES­SEL

Baie ja­re ge­le­de het ek en ’n paar vrien­de in ’n oom­blik van dap­per­heid (nie be­so­pen­heid nie) be­sluit om te gaan val­skerm spring.

Ons het die re­ë­lings ge­tref en ’n paar we­ke la­ter het ons die Sa­ter­dag­og­gend, ge­wa­pen met ’n oor­do­sis waag­moed en ’n paar ek­stra on­der­broe­ke, by die vlieg­veld op­ge­daag. Die op­win­ding en af­wag­ting was groot en ons was oor­ge­haal om hier­die er­va­ring van ons “kluit­klap­ly­sie” te kon af­merk.

Groot was die te­leur­stel­ling toe ons daar kom en vir die vol­gen­de paar ure mee­do­ën­loos oor en oor moes oe­fen wat ons sou doen in die on­waar­skyn­li­ke ge­val dat ons val­skerm nie sou ont­plooi nie.

Ek het baie goed ge­weet wat ek sou doen en dis dan ook waar­om ek die ek­stra on­der­broek in­ge­pak het, maar die in­struk­teur se werk was om ons vei­lig­heid te ver­se­ker en ons in een stuk op die grond te kry, skoon broek of te not.

Hoe­wel die waar­skyn­lik­heid van ’n on­ge­wens­te uit­koms dus ui­ters skraal was, was die po­ten­si­ë­le im­pak, naam­lik moont­li­ke le­wens­ver­lies, so groot dat daar een­vou­dig geen kan­se ge­waag kon word dat ons nie sou weet hoe om te maak in­dien plan A sou mis­luk nie.

Ek wil my ver­stout om te sê dat baie men­se wat ek te­ë­kom, waar dit by hul­le fi­nan­si­ë­le be­plan­ning kom, nie eens ’n be­hoor­lik uit­voer­ba­re plan A het nie, wat nog te sê van ’n plan B.

Plan A is se­ker wat ons kan noem die sta­tus quo-plan vir die mees­te men­se. As jou le­we re­la­tief glad ver­loop, jy het ’n goeie werk of on­der­ne­ming, ge­luk­ki­ge hu­we­lik, jou fa­mi­lie se ge­sond­heid is goed en jy is fi­nan­si­eel ge­mak­lik, is jy ’n gro­ter kan­di­daat vir die sta­tus quo-voor­oor­deel as men­se met wie dit nie so goed gaan nie.

Hier­die is so­veel te meer waar as jy in ’n huis groot­ge­word het waar al­les al­tyd klop­dis­sel­boom ver­loop het.

Jy sou ver­ge­we kon word daar­voor om te aan­vaar dat die tra­jek waar­op jou le­we tans is een­vou­dig sal voort­duur tot­dat jy die dag af­tree en daar­na sal jy jou laas­te ja­re ge­luk­kig en te­vre­de uit­leef.

Hoe ge­maak eg­ter as jou val­skerm een­dag nie ont­plooi nie?

My guns­te­ling- A­me­ri­kaan­se fi­lo­soof, Mi­ke Ty­son, het een­maal ge­sê: “El­ke bok­ser het ’n plan tot­dat hy op die mond ge­slaan word.”

On­ge­luk­kig slaan die le­we ons par­ty­keer op die mond. Af­han­gen­de van hoe hard hier­die hou is, kan dit on­ge­luk­kig jou le­we per­ma­nent ver­an­der en to­taal ont­wrig. Ek wil voor­stel dat ons al­mal ’n bie­tjie meer hier­oor na­dink en gaan se­ker maak ons is ge­reed vir hier­die moont­lik­he­de.

Ek sien ge­reeld hoe men­se een­vou­dig nie hier­die hou sien kom het nie en hoe dit ’n groot en blywende ne­ga­tie­we im­pak op hul­le het.

’n Paar on­oop­ge­maak­te val­skerms is on­der meer:

. Jou on­der­ne­ming gaan on­der of jy ver­loor jou werk, dik­wels weens om­stan­dig­he­de to­taal bui­te jou be­heer.

Hier­die is ver­al trau­ma­ties as jy die hoof­brood­win­ner is. As ek reg is oor die de­mo­gra­fie van die ge­mid­del­de le­ser van dié ar­ti­kel, sal om nu­we werk te kry feit­lik on­moont­lik wees en om ’n nu­we on­der­ne­ming te be­gin is moei­lik en ris­kant, ver­naam as jy nie van­te­vo­re ’n en­tre­pre­neur was nie. In so­wel my dae as re­ken­mees­ter by ’n na­si­o­na­le klein­han­de­laar as in my hui­di­ge be­roep, het ek ge­sien hoe men­se skei­dings­pak­ket­te neem om on­der­ne­mings oop te maak en hoe to­ta­le fi­nan­si­ë­le on­der­gang daar­die men­se ’n paar jaar la­ter in die ge­sig staar.

. Jy of jou ga­de ver­loor per­ma­nent jul ver­moë om ’n in­kom­ste te ge­ne­reer: Hier­die is ver­al trau­ma­ties wan­neer die per­soon wat sterf of be­roeps­on­ge­skik raak die hoof­brood­win­ner was. Dit bly my ver­stom hoe blasé som­mi­ge men­se is oor hul fi­nan­si­ë­le be­plan­ning en hoe dik­wels hul­le nie weet wat hul fa­mi­lie se fi­nan­si­ë­le si­tu­a­sie gaan wees as hul­le by­voor­beeld sterf of on­ge­skik raak om te werk nie.

. Jy kan nie werk tot jou be­plan­de af­tree-ou­der­dom nie: Die tyds­duur tot en ná af­tre­de is ver­re­weg die be­lang­rik­ste kom­po­nent in die be­pa­ling van hoe lank jou geld gaan hou. As jou plan A der­hal­we was om tot 65 te werk, maar jy moet op vroeë af­tre­de gaan, kan dit be­slis ’n hou op die mond ver­teen­woor­dig.

. Jou ga­de skei van jou: Ek het nog nie baie egskeidings ge­sien waar die in­di­vi­due fi­nan­si­eel be­ter af is ná die tyd as voor die tyd nie. Ek aan­vaar die per­soon wat wil skei, weeg dit ge­woon­lik op voor die tyd en maak dit vir hom- of haar­self uit dat dit ’n goeie be­ste­ding van geld is, maar as jy die per­soon is wat ag­ter­ge­laat word en jy was baie af­hank­lik van die an­der per­soon se in­kom­ste, kan jy jou­self baie vin­nig op ’n baie on­ge­mak­li­ke plek be­vind.

. ’n Fa­mi­lie­lid raak erns­tig siek of be­seer en be­han­de­ling kos we­sen­lik meer as waar­voor jou ver­se­ke­ring voor­sie­ning maak: Wat baie men­se nie be­sef nie, is dat selfs al het jy ’n me­die­se fonds, kan daar we­sen­li­ke kos­tes wees wat nie ge­dek word nie. Kan jy be­kos­tig om nie die bes­te me­die­se be­han­de­ling moont­lik vir jou ge­lief­des te ver­se­ker nie?

. Po­li­tie­ke om­stan­dig­he­de “dwing” jou om te e­mi­greer: Vir ver­skeie re­des be­sluit ver­skil­len­de men­se dat hul­le nie ’n toe­koms sien vir die land nie en dat vir hul ge­sin se ont­hal­we hul­le geen keu­se het as om te e­mi­greer nie. As hier­die in jou ag­ter­kop is of jy dink dit dalk ’n moont­lik­heid kan raak, wat is jou plan B? Waar sal jy gaan en hoe gaan jy dit be­kos­tig?

As van hier­die as­pek­te hier bo ge­noem skeef­loop in jou le­we, het jy veel gro­ter pro­ble­me as net ’n vuil on­der­broek. Daar is ’n ge­seg­de dat as jy mis­luk in jou be­plan­ning, be­plan jy om te mis­luk. Maak dus se­ker dat jy en jou ad­vi­seur op jul vol­gen­de ver­ga­de­ring oor hier­die plan B’s ook ge­sels.

My guns­te­lingA­me­ri­kaan­se fi­lo­soof, Mi­ke Ty­son, het een­maal ge­sê: “El­ke bok­ser het ’n plan tot­dat hy op die mond ge­slaan word.”

Fo­to: IS­TOCK

Wat ge­beur as jou plan A nie werk en jou spreek­woor­de­li­ke val­skerm nie oop­gaan nie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.