Hoop op

Su­net­te vir nog ’n me­dal­je in Bei­jing

Beeld - - Front Page - SA­REL VAN DER WALT @Sa­rel_Beeld

Die O­lim­pie­se spies­gooi­er Su­net­te Vil­joen het Vry­dag net een gooi no­dig ge­had om vir die eind­ron­de op die Wê­reld-at­le­tiek­kam­pi­oen­skap in Bei­jing te kwa­li­fi­seer.

Die 31-ja­ri­ge ve­te­raan het met haar eer­ste gooi die s­pies 63.93 m ver laat trek.

Sy het be­sef dit sou ge­noeg wees om reg­streeks te kwa­li­fi­seer en het nie haar oor­bly­wen­de twee gooie ge­bruik nie.

Die A­me­ri­ka­ner B­rit­ta­ny Bor­man het la­ter met haar der­de gooi ’n af­stand van 64.22 m aan­ge­te­ken, ter­wyl die Duit­ser Chris­ti­na O­berg­f­öll se 64.10 m die naas­bes­te was.

In die twee­de uit­dun het vier at­le­te ver­der as die Suid-A­fri­ka­ner ge­gooi.

Hul­le is die Duit­ser Chris­tin Hussong (65.92 m), die C­hi­nees Ling­wei Li (65.07 m), die hoog­aan­ge­skre­we T­sjeg Bar­bo­ra S­po­ta­ko­va (65.02 m) en die Ka­na­dees E­li­za­beth G­le­ad­le (64.02 m).

Dit het moont­lik die druk op Vil­joen voor die eind­ron­de ver­lig wat Son­dag in die eind­ron­de tot haar voor­deel sal wees.

Sy weet die 66.62 m wat sy vroeg van­jaar in Mel­bour­ne ge­gooi het, is steeds die bes­te af­stand in die wê­reld.

Voor­dat Vil­joen China toe is, het Ter­seus Lie­ben­berg, haar af­rig­ter, reeds ge­sê hy wag net vir die dag “wat al­les kliek, want dan gaan Su­net­te ’n gró­te gooi”. Lie­ben­berg sal duim vas­hou dit is Son­dag.

Jo­han Cron­jé, wat twee jaar ge­le­de op die vo­ri­ge Wê­reld­kam­pi­oen­skap in Moskou ’n brons­me­dal­je in die 1 500 m ge­wen het, is Vry­dag in die half­eind­ron­de uit­ge­ska­kel.

Hy was agt­ste in sy uit­dun in 3:36.59.

Die Ke­ni­aan E­li­jah Mo­ton­ei Ma­nan­goi het ge­wen in 3:35.00.

Ma­nan­goi se land­ge­noot As­bel Ki­prop het die an­der uit­dun in 3:43.48 ge­wen.

In die tienkamp vir mans was Wil­lem Coert­zen, wat op die vo­ri­ge Wê­reld­kam­pi­oen­skap en die O­lim­pie­se S­pe­le on­der die voor­ste tien at­le­te ge­ëin­dig het, ná die hoog­spring in die 22 ste plek.

Hy het hom la­ter aan die 400 m ont­trek. Dit is on­be­kend waar­om.

Coert­zen het in die 100 m ’n tyd van 10.98 s aan­ge­te­ken, wat sy vin­nig­ste van­jaar is.

Sy af­stan­de was 1.95 m in hoog­spring, 13.73 m in ge­wig­stoot en 7.25 m in ver­spring.

Fo­to: PATRICK S­MITH | GETTY I­MA­GES

Die spies­gooi­er Su­net­te Vil­joen Vry­dag op die Wê­reld­kam­pi­oen­skap in Bei­jing, China, in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.