Je­an­ne Goo­sen:

Hon­de eer­der as men­se

Beeld - - Front Page - MA­RI­DA FIT­Z­PA­TRICK @ma­ri­dafitz

Die swart hond Lad­di maak ka­per­jol­le op die mat. Hy het ’n jeuk­plek wat hy nie kan by­kom nie. “Hul­le is net al­ler­gies, hul­le het nie lui­se nie,” sê Je­an­ne Goo­sen, en dan vir die hond: “Moet ek weer goed aan­smeer?” Lad­di gee ’n diep, aar­di­ge kreet van die ver­skrik­li­ke ge­jeuk.

Je­an­ne staan op om sy salf te gaan haal, suk­kel met klein tree­tjies weg. “Kyk hoe bler­rie vuil is dit hier,” sê sy op pad uit. “O god, nee, nou kan ek nie meer nie. Maar dit ge­beur as jy siek is, die hon­de neem oor.”

Vroe­ër het sy die woon­stel­kom­pleks se hek vir ons oop­ge­maak, klein en voor­oor ge­boë oor die pla­vei­sel ge­skui­fel, kort­ge­rook­te si­ga­ret in haar reg­ter­hand, pan­tof­fels aan haar voe­te.

Te­rug met die salf en Lad­di weer be­daard, is Je­an­ne lig­weg ge­ïr­ri­teerd met ons in haar sit­ka­mer. “Ek’s nie ’n fan van men­se nie,” sê sy. Ook nie van on­der­hou­de nie, in die be­son­der nie van fo­to­gra­we nie. “No,” raas sy in haar S­tuy­ve­sant-stem toe die fo­to­graaf die ka­me­ra­lens na haar toe lig.

Maar sy ver­duur ons hier in haar woon­stel in Park­lands, Kaapstad, want van­dees­week is die flie­kweer­ga­we van ’n Pa­w­paw vir my dar­ling op kykNET se Sil­wer­skerm­fees be­kend ge­stel. Dis 13 jaar na­dat haar ge­lyk­na­mi­ge ro­man in 2002 uit­ge­gee is, ein­ste oor die wel en wee van ’n buurt se klomp hon­de. Toe het een re­sen­sent dit be­skryf as ’n boek wat “’n wy­se, i­ro­nie­se en be­rus­ten­de blik op die karnaval van die le­we” gee. Nou het dit ’n fliek ge­word met Deon Lotz in een van die hoof­rol­le en Koos Roets as re­gis­seur.

“Man, ek is al ’n bie­tjie ge­woond aan die i­dee,” sê sy oor die fliek. “Na­tuur­lik baie nuus­kie­rig. Ek het nog niks ge­sien daar­van nie, so ek weet nie wat daar aan­gaan nie, maar ek hoop maar vir die bes­te.”

Sy strek haar reg­ter­been uit op die rooi rus­bank, het ’n drie­kwart­broek en ’n de­nim­hemp aan. ’n Paar ge­streep­te sok­kies steek by die pan­tof­fels uit. “Dit gaan na­tuur­lik oor hon­de. En men­se. Maar ver­al hoe hon­de men­se sien. En dis nog­al baie ko­mies, dis baie snaaks. Ek sal dit die 26ste (Au­gus­tus) vir die eer­ste keer sien.” Sy lig ’n wenk­brou. “In Kamps­baai, hoor! Tien­uur die aand. Hul­le kom my hier haal. Ek hoop net ek voel dan ’n bie­tjie be­ter.”

Sy’s die laas­te tyd siek, maar wil nie daar­oor uit­wei nie. Sê net sy’t “so ’n bie­tjie van ’n aan­val ge­had, maar so lig, dis nie eint­lik die moei­te werd om dit te noem nie”. Dan ver­geet sy heel­te­mal van die siek­te, sien iets wat haar aan­dag af­trek en is on­mid­del­lik kwaad. “Jis­sis,” sis sy deur haar tan­de, “kyk hoe vuil is hier­die mat!” Bui­te is dit een van daar­die wind­stil, hel­der dae in Kaapstad, waar dit lyk of jy die palm­bo­me met ’n skêr uit die blou lug kan knip. Maar in Je­an­ne se bly­plek is dit don­ker en toe­ge­trek, as­of sy van die fel lig wil skuil. Sy ska­kel die sit­ka­mer­lig aan, frons daar­oor en gaan lê op die rus­bank, pan­tof­fel­voe­te in die lug, wik­kel-wik­kel hul­le, trek nog ’n si­ga­ret uit die blou­en-wit pak­kie S­tuy­ve­sant.

Haar kop voel nog dronk ná die lig­te aan­val, sê sy. “Al drink jy ’n bot­tel whis­key, sal jy nie so dronk wees soos ek nie. Wee’ jy, ek weet nie wat dit is nie, maar dit is van die siek­te. Die dok­ters sê dit sal ver­by­gaan.”

Je­an­ne is 75, haar blou oë diep in hul kas­te, haar grys­blon­de ha­re lan­ge­rig, vol kroon­tjies ge­lê, haar reg­ter­hand be­we­rig en feit­lik nooit son­der si­ga­ret nie. “Al­mal sê dis sleg vir jou ge­sond­heid,” sê sy oor die rook, “maar wat moet ek an­ders doen? Dis te lek­ker – iets in jou hand te hê.”

Eers praat sy oor haar hon­de – “ek is maar dier-bef*k, jong”. Oor die hon­de waar­mee sy groot­ge­word het, die Pe­ki­nees wat saam met haar in haar cot ge­slaap het, die twee wat sy nou het, Lad­di en Mus­hi, “die men­se het hul­le sul­ke k*k na­me ge­gee”.

In haar le­we was sy nie son­der hon­de nie en daar­om het sy so lek­ker aan ’n Pa­w­paw vir my

dar­ling ge­skryf, “juis om­dat ek hon­de so goed ken, jy weet. Ek is baie lie­wer vir ’n hond as vir ’n mens.” Sy frons, proe-proe met droë lip­pe aan die si­ga­ret wat nou half­dood is. “Báie.”

In haar ver­tel­lings is ’n meng­sel van oor­be­skei­den­heid en self­be­lang­rik­heid, iets wat ’n mens dik­wels by ou­er, ge­vier­de kuns­te­naars kry. Aan die een kant is sy non­cha­lant oor haar tal­le pry­se, haar i­ko­nie­se ro­man

Ons is nie al­mal so nie, wat in En­gels, Ne­der­lands en Frans ver­taal is, oor haar tal­le dig­bun­dels en dra­ma­teks­te. Daai goed kan sy skaars ont­hou, sê sy, en voeg on­ge­ërg by: “Ek het niks eint­lik be­reik nie.” Maar dan maak sy weer se­ker jy weet jy het nie hier met ’n hier­jy te doen nie. Half be­neuk wys sy jou op haar kla­vier­op­lei­ding (sy het ’n U­ni­sa-li­sen­si­aat en speel ook kla­ri­net), dat sy Rus­sie­se let­ter­kun­de lees, dat sy boe­ke en boe­ke oor klas­sie­ke mu­siek be­stu­deer, dat sy in ’n an­der tyd, in ’n an­der land dalk vir ’n le­we sou kon kom­po­neer.

Dwars­deur is sy skreeu­snaaks, op haar droë, si­nie­se ma­nier. Maar lag jy, kyk sy jou aan as­of jy ver­steurd is. Soms ver­krum­mel die waan en lag sy ’n ruk ná die kwink­slag te­ë­sin­nig in

‘Man, ek is al ’n bie­tjie ge­woond aan die i­dee,’ sê sy oor die flie­kweer­ga­we van ‘ ’n Pa­w­paw vir my dar­ling’. ‘Na­tuur­lik baie nuus­kie­rig. Ek het nog niks ge­sien daar­van nie, so ek weet nie wat daar aan­gaan nie, maar ek hoop maar vir die be­st.’

haar ras­per­stem saam.

“Wee’ jy, ek stel so min be­lang in my­self, reg­tig­waar. As iets ver­by is, is dit ver­by.”

Dees­dae lyk haar dae so: Slaap min, word vroeg wak­ker, voor son­op. “Dan soek ek iets om te lees, of ek lê net en dink. Dan be­gin ek maar met die huis­werk, en gaan doen die gro­ce

ries, en lees en luis­ter mu­siek. En speel met die hon­de. En as ek ’n paar i­dees het, dan skryf ek dit neer, gaat maar so aan.” Sy skryf met die hand, op oe­fe­ning-pa­pier, vas­ge­knyp op ’n klap­bord. “Nee, ek stel nie be­lang in re­ke­naars nie. Ek be­dryf dit wel, maar ek skryf long

hand.”

Die ou­der­dom kwel haar. “Dis nie lek­ker nie, nie vir my nie. Ek voel al half ek le­we te lank. Ek wou nooit so oud ge­word het nie. Vyf­tig. Ge­noeg.”

Sy kry die si­ga­ret weer met ’n

paar flicks van die aan­ste­ker aan die gang, trek sta­dig daar­aan. Die rook styg in lui draaie die warm lug in.

“Ek is ’n bie­tjie van ’n de­pres­sie­ly­er, maar ek maak maar plan daar­mee. Was baie swaar­der toe ek jonk was. Ek het ge­voel nie­mand ver­staan my nie.”

Jong Je­an­ne was ’n mal­trap aan die een kant, ’n dro­mer aan die an­der. “Ek het stan­derd drie

ge­dop, ek sweer. Ek was baie on­op­let­tend.”

Groot­ge­word in Pa­row, mid­del­ste van drie kin­ders, “dood­ge­woon, baie, baie subur­ban”. Pa was ’n te­ke­naar by die s­poor­weë, ma ’n huis­vrou, maar al­bei baie mu­si­kaal. Oor­le­de? “Ja, man, mag­tag! Ék is al am­per dood.” Sy frons deur die rook, kry dan on­danks die er­ger­nis lag vir haar­self. In haar twin­tigs was sy “qui­te

so­mething to look at, hoor. Mooi aan­ge­trek, was mooi dun, ma­ke

up. Ek het tot ’n bee­hi­ve ge­dra. Dis ’n dui­send jaar ge­le­de.”

Sy vryf oor haar on­der­lip, haar duim be­we. “Tho­se we­re the days, my friend, tho­se we­re

the days.” Sy tuur bui­ten­toe deur die ven­ster, tot in die 1960’s. “God, ek het baie boy

friends ge­had. Wee’ jy, drie­kwart van hul­le het my vrees­lik ver­veel. Op ’n kol glad ver­loof ge­raak ook, aan ’n won­der­li­ke, won­der­li­ke mens, ’n we­ten­skap­li­ke. Maar dit het op die ou end ook nie uit­ge­werk nie.

“Trou, het ek van kleins af ge­sê, wil ek nooit doen nie. Dit was vir my se­ker te or­di­nêr, jy weet. Ek wil nie soos my pa en ma leef nie, soos my oom en an­tie nie, ’n klomp kin­ders hê en daai goed nie. Ek het ge­voel ek wil meer din­ge doen, an­der din­ge doen, an­ders as om net te gaan trou en klein­tjies te kry en net ’n job te vat. Dit was nou nie eint­lik my em­mer k*k nie.”

Sy ba­lan­seer ’n ron­de glas-as­bak­kie op haar maag, druk die si­ga­ret daar­in dood. “Ek het al­tyd ge­hoop daar breek ’n dag aan dat daar iets in­te­res­sants ge­beur, wat vir my rig­ting gee. En ek dink dit het ge­beur met mu­siek en skryf, al­bei.”

Sy haal ’n nu­we S­tuy­ve­sant uit, steek dit ná ’n paar pro­beer­slae met on­vas vin­gers aan, vryf met haar hand deur haar ha­re.

“Maar ek het nie pro­ble­me met aan­pas by an­der men­se nie. Ek kan nou e­ni­ge tyd by ’n bruids­ta­fel gaan sit en my goed ge­dra.” Haar le­we lank het sy bly skryf, selfs wan­neer sy vol­tyds ge­werk het, “o­ral ge­werk, o­ral ge­job”, van joer­na­lis­tiek tot ra­di­o­gra­fie. “Ek kan my­self nie eint­lik ’n ra­di­o­gra­fis noem nie. Ek het maar som­mer net plein pla­te ge­neem, jong, van men­se se bors­kas­te, en god, hul­le lon­ge en derms en poep­hol en vin­gers wat ge­breek het, sul­ke goed.”

Die skry­wer en sa­ke­vrou Rei­net Nag­te­gaal, wat on­langs oor­le­de is, het Je­an­ne gel­de­lik on- der­steun so­dat sy vol­tyds kon skryf. “Dit (haar dood) is vir my een van die erg­ste din­ge in my le­we. Sy was my bes­te vrien­din, al­hoe­wel ek nie sal sê ek was haar bes­te vrien­din nie. En haar man is na­tuur­lik net so ’n bler­rie hand­so­me blik­sem.”

Je­an­ne se laas­te werk, ’n kort­ver­haal­bun­del ge­ti­teld Plan­te kan praat, is vyf jaar ge­le­de, in 2010, uit­ge­gee. Maar sy wil weer pu­bli­seer, sê sy. “Baie meer as wat ek klaar ge­doen het. Ek kan nie vir jou sê wat dit is nie, ek weet self nie wat dit is nie.”

Hoe be­skou sy haar­self as skry­wer? “Ge­mid­deld.” Haar le­we tans? “Droog.” Die le­we ag­ter haar? “Ver­ve­lig.” Dít als ver­klaar sy erns­tig en ge­la­te, son­der ’n sweem­pie spot. Dan voeg sy by: “Maar daar’s ge­noeg an­der goed wat my aan die gang hou. Boe­ke en mu­siek en my die­re.” Die karnaval van die le­we, met haar as e­wi­ge waar­ne­mer en deel­ne­mer.

Lad­di kreun en kerm weer op die mat, pro­beer uit sy eie vel klim oor daai jeuk wat hy nie kan by­kom nie.

Vol­gen­de, sê sy, mik sy eint­lik net vir vre­de.

“Wel,” en sy vou haar han­de om die as­bak­kie, “ek het so­veel vre­de soos die mees­te men­se het en nie het nie.”

Ek het baie boyf­riends ge­had. Wee’ jy, drie­kwart van hul­le het my vrees­lik ver­veel. Trou, het ek van kleins af ge­sê, wil ek nooit doen nie. Dit was vir my se­ker te or­di­nêr, jy weet. Ek wil nie soos my pa en ma leef nie, soos my oom en an­tie nie, ’n klomp kin­ders hê en daai goed nie.

Fo­to: LE­RA­TO MADUNA

Sy is baie lie­wer vir hon­de as vir men­se, sê Je­an­ne Goo­sen.

Fo­to: LE­RA­TO MADUNA

Je­an­ne (75) in haar huis in Park­lands, Kaapstad, waar sy saam met haar twee hon­de woon. “Daar’s ge­noeg goed wat my aan die gang hou. Boe­ke en mu­siek en my die­re.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.