Oor­win­ter op

Die Ei­land

Beeld - - Front Page -

‘Ons slaap, eet, kui­er, speel en het seks. Mas­tag, ons is so be­sig, ons moet huis toe gaan om te gaan rus!” sê Paul Jan­sen (76) met ’n speel­se glim­lag wat aan sy mond­hoe­ke pluk.

Paul is voor­sit­ter van die Swa­el­tjies – “’n vriend­skaps­klub”, noem hy dit.

Die Swa­el­tjies is al­mal pen­si­oen­trek­kers wat soos hul ge­veer­de vrien­de vir die win­ter vlug.

El­ke jaar so­dra die kwik daal, haak hul­le hul woon­wa­ens en kom slaan kamp op in die ATKV se Ei­land Spa-va­kan­sie­oord, so­wat 70 km van­af T­za­neen. Hier oor­win­ter hul­le, maar hi­ber­neer glad nie.

Hul­le bly tot ses maan­de hier voor­dat hul­le ver­kas en el­ders gaan kamp op­slaan. Hul­le maak tuin, bak koek, speel rol­bal en juk­skei en is heel­dag, el­ke dag, be­sig.

“Ons is so 150 wat el­ke jaar hier kam­peer, al­mal is nie Swa­el­tjies nie, par­ty is net ‘lang­bly­ers’. Dis soos fa­mi­lie. Daar word ge­kui­er, ge­stry, saam ge­huil, ge­lag. Ons deel al­mal se lief en leed,” sê Paul waar hy op ’n kamp­stoel on­der sy woon­wa­tent sit.

Daar is 415 kam­peer­ders wat aan die Swa­el­tjies be­hoort.

Moe­nie laat die woord “kam­peer” jou mis­lei nie.

Die men­se is in­ge­rig, par­ty maak selfs tuin en bring hul pa­pe­gaaie en ka­na­ries in hul kou­tjies saam.

By el­ke staan­plek is daar ’n DStv-skot­tel, in el­ke tent is daar ’n twee­plaat­stoof-en-oond-kom­bi­na­sie, vries­kas­te, ys­kas­te, ge­mak­stoe­le, waai­ers, lug­ver­sor­gers, lang ta­fels met ta­fel­doe­ke en dik grond­sei­le. Hier en daar selfs ’n was­ma­sjien.

“As jy van jou vrou ver­wag om so lank saam met jou te kam­peer, moet jy dit maar so ge­mak­lik moont­lik maak vir hul­le,” sê Paul skert­send.

Sy vrou, Ri­na (73), sê haar man is so be­sig, sy moet ’n af­spraak maak om hom te sien.

“Hy is nooit by die huis (woon­wa) nie!”

Ri­na ver­tel sy het Paul in 2008 as pen­ning­mees­ter voor­ge­stel op die jaar­lik­se Swa­el­tjie-ver­ga­de­ring, om­dat hy ’n “tie­kie kan laat pie­pie”, maar die jaar daar­ná is hy tot voor­sit­ter ver­kies.

“Jong, hy’s so be­sig. Loop heel­dag rond, kui­er se­ker by die we­du­wees,” sê Ri­na en knip­oog.

Paul on­der­han­del na­mens die Swa­el­tjies met die oord­be­stuur oor ta­rie­we, ak­ti­wi­tei­te “om die ou men­se be­sig te hou”, en ’n hand­vol an­der din­ge.

“Maan­dag­aan­de jol ons – dan hou die oord vir ons ’n bring-en­braai en ons dans. Dins­dae en Don­der­dae doen ek my Swa­el­tjie-ad­mi­nis­tra­sie, Woens­dae speel ek juk­skei,” sê Paul, ’n af­ge­tre­de land­me­ter wat tot met sy af­tre­de in Wel­kom ge­woon het, van sy week­lik­se pro­gram.

“Sa­ter­dae wan­neer daar ‘huis’ skoon­ge­maak moet word, seg hy ge­woon­lik als lyk vir hom skoon ge­noeg,” kors­wel Ri­na.

Vir die “lang­bly­ers” kom daar een keer ’n week ’n ver­pleeg­ster en ’n haar­kap­per en Son­dag­og­gen­de is daar ’n kerk­diens in die oord se saal – die ein­ste saal waar Maan­dae ’n op­skop ge­hou word.

Toe Paul in Au­gus­tus 1995 af­tree, wou hy ses maan­de lank va­kan­sie hou. Die ses maan­de het op die ou end meer as twee jaar ge­word.

“’n Ou kan maar sê ons het die he­le 1996 tot die ein­de van 1998 ge­toer.”

Die Jan­sens het die eer­ste keer in 1972 met hul woon­wa op Ei­land kom staan. So­mer­maan­de sit hul­le af Har­ten­bos toe en bly ’n paar maan­de daar.

“Ons gaan al 40 jaar lank Har­ten­bos toe. Nog net twee keer het ons nie ge­gaan nie.”

Hul­le is net so­wat twee maan­de, nie aan­een nie, in hul af­tree­huis in Kru­gers­dorp.

“Die woon­wa se wie­le is rond, hul­le moet rol. Ek gaan nie op die stoep sit en wag dat die dood my kom haal nie, die dood moet my maar langs die pad kom kry,” sê Paul.

Hy ver­tel daar is al Swa­el­tjies dood by die oord.

“Die oud­ste Swa­el­tjie is 97 jaar oud en kom el­ke jaar nog Ei­land toe. Hy kam­peer da­rem nie meer nie. As jy 80 stri­ke dan gaan bly jy in ’n ron­da­wel.”

))) ’n Klip­gooi van die Jan­sens af, staan die Mey­ers, Hen­nie (64) en Han­lie (59).

“Ek’s die ma­yor van Ei­land,” groet Hen­nie, ’n voor­ma­li­ge werk­ne­mer van die Rem­brandt­groep, wat by­na sy he­le wer­ken­de le­we in K­lerks­dorp ge­woon het.

Se­dert 18 A­pril span die Mey­ers op Ei­land uit. Op 23 Au­gus­tus het hul­le die tent­pen­ne uit­ge­trek en die woon­wa ge­haak.

‘Die woon­wa se wie­le is rond, hul­le moet rol. Ek gaan nie op die stoep sit en wag dat die dood my kom haal nie, die dood moet my maar langs die pad kom kry.’

Gert (64) en Pat (64) Na­gel by hul in­druk­wek­ken­de tuin voor hul woon­wa. Hul­le is so ses tot agt we­ke ’n jaar by hul huis in Boks­burg.

Paul Jan­sen van Kru­gers­dorp is die voor­sit­ter van die Swa­el­tjies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.