Grond­eis in

I­re­ne raak S­muts­huis, melk­plaas

Beeld - - Front Page - SEUG­NET VAN ZYL @seug­ne­te

Genl. Jan S­muts se na­sa­te kan sy his­to­rie­se huis in Cen­tu­ri­on weens ’n grond­eis ver­loor.

Ene Ou­pa Ja­cob Gu­me­de eis ge­deel­te 1 (RE) en deel 198 van die plaas Doorn­kloof 391 JR.

Vol­gens die Gau­teng­se grond­ei­se­kom­mis­sie is dié ge­deel­tes so­wat vyf hek­taar van die S­muts­huis-ter­rein en 62 hek­taar van die I­re­ne-melk­plaas so­wat 5 km van daar.

Le­ra­to Sehla­pe­lo, woord­voer­der van die kom­mis­sie, het ge­sê Gu­me­de eis die grond na­mens die ge­meen­skap wat voor­heen daar ge­woon het.

“Die ge­meen­skap het voor­de­li­ge be­set­tings­reg­te oor die grond be­kom na­dat hul­le meer as tien jaar daar ge­woon het,” het Sehla­pe­lo ge­sê.

Sy het ge­sê die ge­meen­skap het on­ge­re­gis­treer­de reg­te op die grond, wat graf­te, wei­ding en plek­ke van tra­di­si­o­ne­le en kul­tu­re­le se­re­mo­nies be­hels.

“Hy (Gu­me­de) meen die ge­meen­skap se grond is weens ras­sis­tie­se, dis­kri­mi­ne­ren­de wet­te en prak­ty­ke ont­ei­en.”

S­muts het die grond in 1908 ge­koop en die S­muts­huis is in 1966 tot ’n na­si­o­na­le ge­denk­waar­dig­heid ver­klaar.

P­hi­lip Wey­ers, ’n ag­ter­klein­kind van S­muts, meen die ei­ser het nie e­ni­ge gron­de nie.

“Ek bly my he­le le­we lank hier en dra geen ken­nis van e­ni­ge ge­meen­skap wat van S­muts-ei­en­dom af­ge­sit is as ge­volg van des­tyd­se wet­ge­wing nie.

“My me­ning is dat die kom­mis­sie nie dui­de­lik­heid het oor al die fei­te nie, daar­om die ver­war­ring wat ge­skep word,” het Wey­ers ge­sê.

Die Van der Byl-fa­mi­lie be­sit se­dert 1896 die grond waar­op die melk­plaas be­dryf word.

A­dri­an van der Byl, di­rek­teur van die I­re­ne-land­goed, wat die melk­plaas in­sluit, het ge­sê hul­le is nie be­kom­merd oor die eis nie om­dat “daar geen eis is nie”.

Hy het ge­sê die ge­ëis­de de­le maak nie sin nie en sluit nie die plaas in nie.

“Vroe­ë­re lug­fo­to’s toon dat geen ge­meen­skap­pe daar ge­woon het nie. Daar is ook geen be­wy­se van uit­set­tings nie.”

Die fa­mi­lie het nou op meer in­lig­ting aan­ge­dring en dat die ei­ser fi­siek die grond wat hy van hul­le eis, moet kom uit­wys.

Die kom­mis­sie het in sy voor­lo­pi­ge on­der­soek be­vind dat Gu­me­de se eis gel­dig is.

Grond­ei­se­wet­ge­wing maak net voor­sie­ning vir grond wat voor 1913 in die be­sit van ’n ge­meen­skap of stam was.

Fo­to: CRAIG NIEU­WEN­HUI­ZEN

’n Grond­eis staar die S­muts­huis in I­re­ne, Cen­tu­ri­on, in die ge­sig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.