Koe­ran­te is dood. Lank le­we Beeld!

Beeld - - Kommentaar -

Dit was nie al­tyd mak­lik om re­dak­teur te wees nie. Beeld was nog al­tyd vrees­loos, ver­maak­lik en soms op­strop­pe­lis.

As ’n mens groot­ge­word het met ink op jou vin­gers en in jou are, is dit nog­al moei­lik om tot­siens te sê aan koe­ran­te. Beeld was nog nooit vir my ’n werk­ge­wer of ’n han­dels­naam nie. Beeld was die nuus, die sport, die weer en die goud­prys. As ’n laai­tie in Roo­de­poort was Beeld my toe­gang tot die wê­reld bui­te ons huis, skool en kerk. In ons huis is daar nooit ver­wys na “Beeld” nie, maar na “die koe­rant”. Beeld was ’n fa­mi­lie­lid in ons huis. My pa, ’n WP-fa­na­ti­kus, het op­ge­blaas van woe­de as hy Quin­tus van Rooy­en se rug­by­be­rig­te ge­lees het. Blou­wil­lem, Ce­ci­le Cil­liers en Wil­helm Jor­daan het soos ou be­ken­des ge­voel. Ina Op­per­man was le­sers se kamp­veg­ter teen die ka­pi­ta­lis­te en An­dri­ët­te S­tof­berg se on­der­hou­de met be­ken­des, sport­ster­re en po­li­ti­ci het jou laat voel as­of jy in die ver­trek was. ’n Le­wens­lan­ge droom het waar ge­word toe ek in 2013 die lei­sels oor­ge­neem het by Beeld se langs­die­nen­de re­dak­teur, Peet Kru­ger. Die af­ge­lo­pe twee jaar was dit vir my ’n on­ge­loof­li­ke voor­reg en ple­sier om re­dak­teur te kon wees van die bes­te dag­blad in die land. Beeld se re­dak­sie is ’n wê­reld­klas-span wat heel­har­tig toe­ge­wy is aan die nuus. Daar is baie hoog­te­pun­te, maar die een wat my vir al­tyd sal by­bly, is die aand van Ma­di­ba se dood en die daar­op­vol­gen­de paar dae. Nie­mand wou huis toe gaan nie en al­mal het in­ge­spring om te help. ’n Klomp Red Bulls, kof­fie en piz­za la­ter, het ons van die mooi­ste en bes­te koe­ran­te in Beeld se ge­skie­de­nis uit­ge­gee. Dit was nie al­tyd mak­lik om Beeld se re­dak­teur te wees nie. Beeld was nog al­tyd vrees­loos, ver­maak­lik en soms op­strop­pe­lis. Ek het my laat lei deur Beeld se stig­ters­man­tra van 41 jaar ge­le­de. Beeld se eer­ste re­dak­teur, S­chalk Pie­naar, en sy op­vol­gers het on­ver­skrok­ke hier­in ge­glo: Kyk die on­ge­mak­li­ke waar­he­de in die oë en moet nóóit ver­ve­lig wees nie. Beeld weet nog al­tyd hoe om ’n groot sto­rie hard te slaan: N­kand­la, Os­car, Gup­ta­ga­te, Eskom en ja, die Na­zi-sa­luut-de­ba­kel in Potchefstroom. Dit is oor laas­ge­noem­de dat ek die mees­te kri­tiek in my ter­myn ont­vang het. Nie net van k­waai le­sers en oud-Puk­ke nie, maar ook van kol­le­gas. ’n Se­ni­or kol­le­ga het my des­tyds ge­ros­kam daar­oor dat Beeld “sy eie men­se” aan­ge­vat het. The New York Ti­mes, het die kol­le­ga be­weer, sou nooit iets ne­ga­tiefs oor Jo­de skryf nie. My re­pliek daar­op was dat ek nie glo in hei­li­ge koeie nie en my­self en die joer­na­lis­tiek sou ver­raai deur din­ge wat ver­keerd is – selfs en ver­al as dit deur “ons eie men­se” ge­pleeg word – te ver­swyg. Woens­dag be­gin ek amp­te­lik as heel­tyd­se hoof­re­dak­teur van Net­werk24. Die di­gi­ta­le golf het ook A­fri­kaan­se joer­na­lis­tiek ge­tref en al hoe meer le­sers ver­kies om ons op hul slim­fo­ne en re­ke­naars te lees. Ek sien daar­na uit om dit wat ek by Beeld ge­leer het – om vrees­loos te wees, ’n groot sto­rie hard te slaan en pret te hê in die pro­ses – deel te maak van Net­werk24 se DNS. Dis tot­siens, maar nie vaar­wel nie. Kon­tak my ge­rus by a­dri­aan@net­werk24.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.