‘Ba­lans is reg in die span’

Hey­ne­ke sê dit was die mees e­mo­si­o­ne­le dae van sy le­we

Beeld - - Nuus - CHRIS­TO BU­CH­NER @Chris­toBu­ch­ner1

Umhlan­ga. – Dit was een van die moei­lik­ste din­ge wat hy tot nog toe in sy le­we moes doen, het Hey­ne­ke Mey­er, die af­rig­ter van die S­pring­bok­ke, Vry­dag­aand ge­sê toe hy die keu­se van sy uit­ein­de­li­ke Wê­reld­be­ker-groep ver­dui­de­lik het.

“El­ke spe­ler in die uit­ge­brei­de groep was goed ge­noeg om En­ge­land toe te gaan, wat dit so­veel moei­li­ker ge­maak het om spe­lers in te lig hul­le gaan nie saam nie,” het Mey­er by die Bok­ke se span­ho­tel ge­sê waar die uit­soek­groep aan­ge­kon­dig is.

“Ek is baie te­vre­de met die groep wat ge­kies is. Me­neer (Nel­son) Man­de­la het al­tyd ge­sê sport het die krag om te in­spi­reer en om ’n land saam te snoer.

“Ons wil rol­mo­del­le vir elk­een in hier­die land wees. Ons wil men­se hoop gee met ons ver­to­nings in die Wê­reld­be­ker-toer­nooi.

“Ons gaan ne­de­rig wees in ons aan­slag, maar sal al­les doen om ons men­se hier by die huis ge­luk­kig te maak.

“Dit gaan eg­ter baie be­lang­rik wees om ons voe­te op die grond te hou. Dit maak my op­ge­won­de om te weet die he­le land gaan ver­e­nig ag­ter ons wees.

“Ons het ons har­te vir die men­se ge­gee en daar­om maak dit nie saak wat­ter toe­stan­de ons daar moet gaan trot­seer nie,” het Mey­er ge­sê.

“Jy kry nie swak toe­stan­de om in te speel nie, maar net sag­te spe­lers en vir ons is dit nie ’n keu­se nie,” sê hy.

Mey­er het ge­sê dit was van die mees e­mo­si­o­ne­le klom­pie dae van sy le­we.

“Dit was e­mo­si­o­neel om te sien hoe spe­lers in tra­ne uit­ge­bars het om te hoor hul­le is in die groep. Ons weet dit gaan baie moei­lik wees om hier­die Wê­reld­be­ker te wen, maar dit is ons doel en ons gaan al­les gee om dit reg te kry,” het Mey­er ge­sê.

“Ek voel die ba­lans wat ons in die groep het, is reg,” sê Mey­er.

Hy het ver­tel van die e­mo­sie om af­skeid te neem van ’n spe­ler soos Frans S­teyn.

“Hy was eint­lik so na­by daar­aan om reg te wees, maar hy het ge­sê as ek hom no­dig het, sal hy op die eer­ste vlug vir ons wees.

“Daar was tra­ne in Frans se oë toe ons me­kaar om­hels het en daar was ook tra­ne in my oë,” ver­tel Mey­er.

Hy sê daar is ver­al aan­dag ge­gee aan veel­sy­di­ge spe­lers soos S­chalk B­rits en Pie­ter-S­te­ph du Toit, wat ook flank kan speel en Coe­nie Oost­hui­zen wat aan al­bei kan­te van die skrum kan druk.

Daar is ook ag­ter­spe­lers soos JP Pie­ter­sen, Da­mi­an de Al­len­de, Ru­an Pie­naar, Pat Lam­bie, Han­dré Pol­lard, Jes­se K­riel, L­wa­zi M­vo­vo en Za­ne Ki­rch­ner wat in meer as een po­si­sie kan speel.

Mey­er voel van die spe­lers wat weens be­se­rings ge­rui­me tyd uit ak­sie is, het goed ver­toon in die oe­fe­nin­ge.

“Ie­mand soos Du­a­ne Ver­meu­len is soos steen­kool wat in ’n di­a­mant ver­an­der het.”

Hy glo dit sal be­lang­rik vir sy spe­lers wees om die druk te ver­werk.

Toe hy ge­vra is oor die kri­tiek wat on­langs oor hom uit­ge­spreek is deur die vo­ri­ge af­rig­ter, Peter de Vil­liers, het Mey­er ge­sê hy het nog al­tyd net die groot­ste re­spek vir De Vil­liers as af­rig­ter en ook as mens en dat hy hom net die bes­te toe­wens.

Bry­an Ha­ba­na, vleu­el, voer sy seun, Ti­mothy, kort na­dat hy ge­hoor het hy gaan saam met die Bok­ke En­ge­land toe vir die Wê­reld­be­ker­toer­nooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.