Vreug­de toe klein T­so­lo bal skop

Beeld - - Nuus -

“Kyk hoe skop ek ’n bal en hard­loop!” het T­so­lo Mo­li­bet­sa­ne (8) ge­skree ter­wyl hy Vry­dag sy splin­ter­nu­we kuns­been ge­toets het.

T­so­lo is van die dor­pie Bot­haBot­he in Le­so­tho en hy en sy on­der­wy­ser, Te­lang Sk­hosa­na, het Woens­dag van daar af ge­ry om sy kuns­been in Johannesburg te kom aan­pas.

“Dit is won­der­lik om hom so bly te sien.

“Hy wou al­tyd soos die an­der kin­ders speel en hard­loop en met sy loop­raam was dit moei­lik,” het Sk­hosa­na ge­sê.

Vol­gens sy fi­si­o­te­ra­peut, Em­ma Jen­kins, was die re­ë­lings baie moei­lik en el­ke keer as hul­le T­so­lo Johannesburg toe wou bring, het iets voor­ge­val.

Jen­kins is van die or­ga­ni­sa­sie Ma­la­mu­le­le On­ward, wat kin­ders in Suid-A­fri­ka en Le­so­tho wat se­re­braal ge­strem is, help.

“Eers het sy ou­ma ge­sterf en sy was T­so­lo se hoof­ver­sor­ger. Hy ken nie eens sy ou­ers nie. Hy kon toe nie kom nie.

“Ons het weer plan­ne ge­maak, maar toe was die nu­we vi­sum­re­ëls in ons pad. Ek was so bang dit sou nooit uit­werk nie.”

T­so­lo is se­re­braal ge­stremd en vol­gens Jen­kins is sy he­le lin­ker­kant ver­swak. As ba­ba het hy sy reg­ter­been weens gan­green ver­loor.

Hy en sy on­der­wy­ser gaan nog ’n week in Braam­fon­tein, Johannesburg, vir in­ten­sie­we fi­si­o­te­ra­pie by die Ma­la­mu­le­le On­ward-sen­trum aan­bly.

Vol­gens Jo­han Sny­ders, ’n pros­te­ti­kus en stig­ter van die lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sie Jum­ping Kids, wat die kuns­been ge­maak het, raak ’n mens nooit ge­woond aan die ge­voel wan­neer jy ’n kind se le­we ver­be­ter nie.

“Ons hoof­doel is om die kin­ders te help om skool toe te gaan. Hul­le kry hier be­hoor­li­ke pros­te­ses en kan met ’n nor­ma­le le­we aan­gaan.”

T­so­lo se been is deur Bi­kers for Man­de­la Day en A­vis ge­borg, het Sny­ders ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.