Spoed en mis­ver­stand dalk re­de dat lo­ko­mo­tief en trein ont­spoor

Beeld - - Nuus -

Modderrivier. – Spoed en ’n kom­mu­ni­ka­sie­ga­ping het waar­skyn­lik tot die on­ge­luk ge­lei waar­in ’n nu­we lo­ko­mo­tief en pas­sa­siers­trein on­langs ont­spoor het.

Die Spoor­vei­lig­heids­re­gu­leer­der (RSR) het Vry­dag sy voor­lo­pi­ge ver­slag oor die oor­saak van die on­ge­luk by Modderrivier uit­ge­reik.

Die on­ge­luk het op 18 Au­gus­tus om­streeks 23:20 ge­beur.

’n Nu­we S­paan­se A­fro 4000-lo­ko­mo­tief van Pra­sa het ’n S­ho­so­lo­za Meyl-pas­sa­siers­trein ge­trek.

Die twee ma­sji­nis­te, ’n teg­nie­se be­amp­te en twee pas­sa­siers is be­seer. An­der pas­sa­siers is vir waar­ne­ming na die hos­pi­taal ge­bring. 58 van hul­le is vir skok be­han­del.

Ba­bal­wa M­pen­du, woord­voer­der van die RSR, sê die on­mid­del­li­ke oor­saak was die lo­ko­mo­tief se spoed op ’n ge­deel­te waar­op daar ’n ty­de­li­ke spoed­perk was.

Kon­struk­sie­wer­kers het op die dag van die voor­val nu­we oor­kruis­sta­we aan­ge­bring om trein­ver­keer na ’n an­der spoor­lyn te her­lei. ’n Nu­we spoed­perk van 30 km/h is teen 18:25 in­ge­stel. Daar is nie be­wy­se dat die in­lig­ting aan die ma­sji­nis oor­ge­dra is nie.

Vol­gens in­lig­ting het die ma­sji­nis teen 81 km/h ge­ry. Hy het nie op die spoed­waar­sku­wings­te­ken, wat 1,5 km voor die oor- kruis­sta­we was, ag ge­slaan nie.

“Dit kom voor as­of Trans­net nie vir Pra­sa van nu­we ty­de­li­ke spoed­per­ke op die spoor­lyn in ken­nis ge­stel het nie. Die spoed­perk was op ’n ge­deel­te waar trei­ne op ’n an­der spoor­lyn weg­ge­lei is van die on­der­houds­werk.

“Die ma­sji­nis het nie op die waar­sku­wings­te­kens ag ge­slaan nie. Dit het daar­toe ge­lei dat die lo­ko­mo­tief en 11 wa­ens ont­spoor het.”

Daar was ska­de aan so­wat 300 me­ter van die spoor­lyn en dwars­lê­ers, as­ook aan vier mas­pa­le.

Daar sal nou on­der­soek in­ge­stel word na pro­se­du­res, op­lei­ding en per­so­neel­le­de se ken­nis van pro­se­du­res, as­ook die werk­li­ke toe­pas­sing van re­ëls.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.