395 000 ver­moor in SA se­dert ’94 – Frans Cron­jé

Beeld - - Nuus - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Suid-A­fri­ka is ’n mens­ge­maak­te ramp­ge­bied waar bur­gers weens die mis­daad­pan­de­mie gy­se­laars in hul eie hui­se is.

Só het Cor­ne­li­us Jan­sen van Rens­burg, uit­voe­ren­de ad­junk­hoof van A­friForum, Vry­dag aan so­wat 400 tak­le­de ge­sê wat van oor die land heen by die Klein Ka­ri­ba-va­kan­sie­oord in Be­la-Be­la hul kon­gres hou.

Ver­skeie mis­daad­sta­tis­tie­ke is aan kon­gres­gan­gers ge­wys.

Dit is waar­om A­friForum be­sluit het om al hoe meer staat te maak op ’n land­wye buurt­wag­stel­sel.

“Ons wei­er om slag­of­fers van po­li­tie­ke om­stan­dig­he­de te wees. Ons sê as jy as ’n A­fri­ka­ner on­se­ker is, staan op en doen dit self,” het Jan­sen van Rens­burg on­der ap­plous ge­sê.

Ian Ca­me­ron, A­friForum se hoof van ge­meen­skaps­vei­lig­heid, sê men­se moet hul­self met die buurt­wag­stel­sel be­skerm om­dat die po­li­sie nie in staat is om dit op sy eie te doen nie.

Hy het ge­sê in ge­bie­de waar buurt­wag­te is, het mis­daad met tot 60% ge­daal.

Dr. Frans Cron­jé, hoof van die Suid-A­fri­kaan­se In­s­ti­tuut vir Ras­se­ver­hou­din­ge, het ge­sê vol­gens die amp­te­li­ke sy­fers is daar se­dert 1994 al­te­sa­me 395 000 men­se in die land ver­moor. Hy het ver­ge­ly­kings ge­tref tus­sen die hoë vlak van mis­daad in Suid-A­fri­ka en dié van lan­de soos Co­lom­bia en El Sal­va­dor.

“In Suid-A­fri­ka is daar, net soos in dié lan­de, ’n lae-in­ten­si­teit bur­ger­oor­log aan die gang.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.