Drie vas vir men­se­smok­ke­la­ry

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

Ei­sen­stadt (Oos­ten­ryk). – Die men­se wat in heg­te­nis ge­neem is na­dat die ly­ke van 71 men­se in ’n vrag­mo­tor ge­vind is, kan die po­li­sie na die lei­ers van die ver­ant­woor­de­li­ke men­se­smok­ke­laars lei.

Die po­li­sie het drie men­se in Hon­ga­rye aan­ge­keer, het Hans Peter Do­sko­zil, polisiehoof in die pro­vin­sie Bur­gen­land in Oos­ten­ryk, Vry­dag ge­sê.

Die smok­kel-vrag­mo­tor is Don­der­dag ver­la­te na­by die Hon­gaar­se g­rens langs die hoof­weg tus­sen Boe­da­pest en We­ne ge­vind.

Die ly­ke van 71 vlug­te­lin­ge – 59 mans, agt vroue en vier kin­ders – is in die vrag­ruim ge­vind.

Die aan­dui­dings is dat dit toe al min­stens 24 uur daar ge­staan het.

Die ly­ke het al be­gin ont­bind en die po­li­sie ver­moed dat die men­se al so­wat twee dae dood was. Hul­le het ver­moe­de­lik ver­smoor.

Lykskou­ings word nou ge­doen en die uit­slag sal bin­ne dae be­skik­baar wees, het die Oos­ten­ryk­se staats­aan­kla­er, Jo­hann Fu­chs, ge­sê.

’n Si­rie­se reis­do­ku­ment is aan een van die ly­ke ge­vind.

Die po­li­sie pro­beer nog vas­stel of daar men­se van an­der lan­de in die groep was.

Die vrag­ruim het nie e­ni­ge ven­ti­la­sie-o­pe­nin­ge nie. Die deu­re was nie ge­sluit nie, maar was met draad vas­ge­bind.

Do­sko­zil het ge­sê een van die men­se wat in heg­te­nis ge­neem is, is ver­moe­de­lik die ei­e­naar van die vrag­mo­tor. Hy is van Bul­gaars-Li­ba­ne­se oor­sprong.

Die an­der twee het die vrag­mo­tor ver­moe­de­lik be­stuur. Een is ’n Bul­gaar en een ’n Hon­gaar.

“Ons glo ons is nou op die spoor van die wa­re skul­di­ges,” het Do­sko­zil ge­sê.

Oos­ten­ryk se mi­nis­ter van bin­ne­land­se sa­ke, Jo­han­na Mi­kl-Leit­ner, het ge­sê die voor­val sal ho­pe­lik dien as ’n wek­roep tot ge­sa­ment­li­ke op­tre­de deur Eu­ro­pa.

“Die bes­te ma­nier om die kri­sis te han­teer, is om wet­ti­ge roe­tes na Eu­ro­pa te skep eer­der as om grens­be­heer te ver­skerp.”

Melissa F­le­ming, woord­voer­der van die Ver­e­nig­de Na­sies se vlug­te­lin­ge-a­gent­skap in Genève, het die voor­val as “ab­so­luut skok­kend” be­stem­pel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.