Saak ‘wys Nhle­ko kán in­meng’

Beeld - - Nuus -

Die po­li­sie­mi­nis­ter Na­thi Nhle­ko se be­weer­de po­li­tie­ke in­men­ge­ry by die po­li­sie­wag­hond O­pod was die “o­li­fant in die ka­mer” ty­dens ’n hoog­ge­regs­hof­aan­soek om dié lig­gaam van on­be­hoor­li­ke in­vloed te ver­skans.

Adv. S­te­ven Bud­len­der het Vry­dag sy re­pliek in die saak tus­sen Ro­bert M­cB­ri­de, O­pod­hoof, en Nhle­ko af­ge­sluit deur te sê: “Die feit dat daar ’n dis­puut is, wys daar is ’n op­vat­ting dat die mi­nis­ter kan in­meng.”

M­cB­ri­de vra die hof om sy skorsing om te keer en se­ke­re de­le in die O­pod-wet on­grond­wet­lik te laat ver­klaar met die doel om die wet só te ver­an­der dat die par­le­ment die fi­na­le sê in die ver­wy­de­ring van die O­pod-hoof het.

Die twis tus­sen M­cB­ri­de en Nhle­ko gaan oor twee on­der­soek­ver­slae wat M­cB­ri­de na be­we­ring “ge­kook” het om lt.genl. An­wa Dra­mat, voor­ma­li­ge Val­ke-hoof, te “be­skerm”.

M­cB­ri­de ont­ken dit en sê Nhle­ko het by­mo­tie­we. Hy voer ver­der aan hy word ge­tei­ken weens “sen­si­tie­we on­der­soe­ke” waar­mee O­pod be­sig is.

Ty­dens ar­gu­men­te het adv. Wil­li­am Mok­ha­ri SC, vir Nhle­ko, aan­ge­voer daar sal “nooit” ’n ge­val wees waar die mi­nis­ter in­meng nie, want O­pod on­der­soek die po­li­sie en nié die mi­nis­ter nie. In sy re­pliek het Bud­len­der dié uit­la­ting as be- lag­lik af­ge­maak.

“Kom ons wys dan op die o­li­fant in die ka­mer. Ons kan nie die hof vra om te be­sluit of M­cB­ri­de skul­dig of on­skul­dig is nie, maar die feit dat daar ’n dis­puut is wys daar is ’n op­vat­ting dat die mi­nis­ter kan in­meng. Dit wys dus daar­op dat daar an­der mo­tie­we kan wees.”

In sy hof­stuk­ke be­skul­dig M­cB­ri­de Nhle­ko on­der meer daar­van dat hy dos­sie­re in die saak aan­gaan­de Dra­mat by O­pod wou hê.

Daar­by het die mi­nis­ter na be­we­ring self die on­der­soek­be­amp­te ge­bel en ge­vra of hy werk­lik sy vol­le sa­me­wer­king gee in ’n on­der­soek wat deur die mi­nis­ter self ge­las is.

Reg­ter Fay­ee­za Kathree-Se­ti­lo­a­ne het uit­spraak voor­be­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.