Hof­saak dreig oor twee­ling­sko­le

Beeld - - Nuus -

Dit lyk as­of die Suid-Gau­teng­se hoog­ge­regs­hof wel Sa­lo­mo sal moet speel oor die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment se plan met twee­ling­sko­le.

Die Fe­de­ra­sie van Be­heer­lig­ga­me van Suid-A­fri­kaan­se S­ko­le (Fed­s­as) het vroe­ër in ’n pro­ku­reurs­brief aan Pa­ny­a­za Le­su­fi, LUR vir on­der­wys, ge­vra dat hy van sy plan om s­ko­le in Gau­teng te dwing om met ’n an­der skool saam te werk, af­stand doen.

Dr. Ja­co De­a­con, ad­junk­hoof van Fed­s­as, het in ’n amp­te­li­ke brief ge­skryf hul­le gaan hof toe as Le­su­fi nie in­gee nie. Fed­s­as het Le­su­fi tot Vry­dag kans ge­gee om te re­a­geer.

Teen die ein­de van die werk­dag was P­hum­la Se­ko­ny­a­ne, woord­voer­der van on­der­wys­de­par­te­ment, se ant­woord oor die aan­ge­leent­heid steeds: “Ons het die brief ont­vang en die saak is in die han­de van ons regs­af­de­ling. Ons wag vir hul aan­be­ve­lings.”

De­a­con het ge­sê dat as Le­su­fi se kan­toor nie re­a­geer nie en die “kom­mu­ni­ka­sie­ka­na­le ge­blok is”, sál Fed­s­as hof toe gaan.

“Ons wíl nie hof toe gaan nie, maar as ons moet, dan sal ons.

“Ek hoop reg­tig dat die LUR op ons brief sal re­a­geer en die kom­mu­ni­ka­sie­ka­na­le sal oop­hou dat ons met me­kaar kan praat en ’n op­los­sing vind.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.