Se­pies goed... tot op punt

Beeld - - Nuus -

‘Doen se­pies vir ’n jaar en gaan dan weg. Jy kan al­tyd weer te­rug­kom wan­neer jy kin­ders het en hul­le deur u­ni­ver­si­teit wil sit.”

So meen die ak­tri­se Ro­lan­da Ma­rais ( Bin­ne­land) wat ook sê ak­teurs in Suid-A­fri­ka moet be­lang­ri­ke be­slui­te neem om hul eie loop­ba­ne te be­stuur.

“An­ders raak jy be­kend as nét daar­die ka­rak­ter. Moe­nie te lank in ’n se­pie bly nie, an­ders word jy ge­ste­re­o­ti­peer,” het sy ge­sê.

Ma­rais het saam met die re­gis­seur Regardt van den Bergh, die ak­teur Ar­mand Au­camp, die re­gis­seur Ja­co Bou­wer en die ak­teur Da­wid Minnaar aan ’n pa­neel­be­spre­king by die Sil­wer­skerm­fees in Kamps­baai deel­ge­neem oor hoe ak­teurs moet aan­pas en ver­skil­len­de teg­nie­ke moet aan­leer om in ’n ver­skei­den­heid me­dia te kan werk.

Minnaar het ge­sê el­ke ak­teur het sy eie om­stan­dig­he­de en be- hoef­tes waar­vol­gens hy kan be­sluit in wat­ter gen­re hy be­ter pas.

“Ek dink men­se kan baie goeie werk doen in se­pies, maar vir my is dit baie be­per­kend. Ek weet nie hoe­veel jy kan ont­wik­kel in die me­di­um nie, maar jy moet be­sluit hoe jy voel jy kan ont­wik­kel,” het Minnaar ge­sê.

Ma­rais het ge­sê sy het ge­kies om ’n rol in ’n se­pie te ver­tolk om­dat sy ’n huis­hou­de­li­ke naam wou word wat men­se wat nie die te­a­ter ken nie, te­a­ter toe kon lok.

“Se­pies skep baie werk vir baie men­se,” het Minnaar ver­der ge­sê.

“Maar jou vry­heid is be­perk en daar is nie baie ruim­te vir jou eie kre­a­ti­wi­teit nie,” het hy ge­sê.

Au­camp, wat vroe­ër van­jaar in die hoof­rol in die rol­prent­weer­ga­we van Bal­la­de vir ’n en­ke­ling te sien was, het ge­sê ak­teurs het in Suid-A­fri­ka baie ge­leent­he­de om op ver­skil­len­de plat­forms te werk.

“Ek hou daar­van dat ek nie el­ke dag die­self­de hoef te doen nie,” het hy ge­sê.

Die pa­neel was dit eens dat be­hoor­li­ke op­lei­ding steeds be­lang­rik is vir men­se wat graag to­neel wil speel en ’n loop­baan as ak­teur wil volg.

“Op­lei­ding is van kar­di­na­le be­lang,” het Ma­rais ge­sê.

“Dit gee vir jou die no­di­ge tools, an­ders gaan jy heel­tyd die­self­de soort werk doen. Jy gaan net jou­self speel.”

Minnaar het ge­sê Suid-A­fri­kaan­se ak­teurs moet wel werk aan die teg­niek om ver­skeie ak­sen­te te be­mees­ter so­dat hul­le ook in­ter­na­si­o­naal mak­li­ker werk kan kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.