10 j. ná Lars­son se dood, nog ’n Lis­beth

Beeld - - Nuus -

’n De­ka­de ná die dood van S­tieg Lars­son, skep­per van die boek­ka­rak­ter Lis­beth Sa­lan­der, het ’n vier­de boek oor haar we­der­va­rin­ge ver­skyn.

The Gi­rl in the S­pi­der’s Web het Don­der­dag boek­rak­ke in meer as 25 lan­de ge­tref.

Nor­stedts, die uit­ge­wer wat die ko­pie­reg het om met die reeks voort te gaan, het net ná mid­der­nag 2,7 mil­joen ek­sem­pla­re be­skik­baar ge­maak.

Die boek is ge­grond op Lars­son se ka­rak­ters, maar is ge­skryf deur die S­weed­se skry­wer en mis­daad­joer­na­lis Da­vid La­ger­crantz.

Lars­son, ook ’n S­weed, is in 2004 aan ’n hart­aan­val dood. Hy het net drie boe­ke uit sy be­plan­de reeks van tien klaar ge­skryf.

Vol­gens The Guar­di­an is Lars­son se fa­mi­lie en vrien­de on­te­vre­de oor die uit­ge­wer se be­sluit om met sy ka­rak­ters voort te gaan.

Hul­le het die nu­we boek as “graf­dief­stal” en “gul­sig” be­stem­pel.

La­ger­crantz het blyk­baar ge­sê le­sers sal steeds tuis voel in S­tieg Lars­son se wê­reld, maar dat hy ook iets van hom­self by­ge­voeg het.

Deon Mey­er het ge­sê dit is nie on­ge­woon dat be­ken­de ka­rak­ters ge­bruik word na­dat ’n skry­wer ge­sterf het nie.

“Ek sal nie om­gee as hul­le met die Ben­ny G­ries­sel-reeks sou wou aan­gaan wan­neer ek sterf nie. Ek dink dit sal eint­lik koel wees,” het hy ge­sê.

“Aan­han­gers van die reeks sal nog van hom wil lees. Ek hoop net my kin­ders en uit­ge­wer sal die reg­ter skry­wer kies.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.