Boe­re tree in bres vir af­ge­dank­te wer­kers

Beeld - - Nuus - – Sabelo N­se­le, C­hel­sea Pie­ter­se

Pie­ter­ma­ritz­burg. – Boe­re in die Mooi­ri­vier-om­ge­wing in die K­waZu­lu-Na­tal­se Mid­del­land het toe­ge­tree tot die stryd tus­sen ’n plaas­be­stuur­der en sy wer­kers – aan die kant van die wer­kers.

Die plaas be­hoort aan die sa­ke­man Roy Mood­ley, ’n ver­trou­e­ling van pres. Ja­cob Zu­ma wat on­der meer Roy­al Se­cu­ri­ty be­sit.

Sy maat­skap­py Roy­al Far­ming be­sit die plaas Wor­ley Com­mons. Vol­gens so­wat 50 plaas­wer­kers het die be­stuur­der, ene Kyd­le, be­slag ge­lê op hul vee en hul wa­ter­toe­voer af­ge­sny in ’n po­ging om hul­le van die plaas af te kry.

Le­de van die Mooi-M­pofa­na­land­bou­ver­e­ni­ging het Woens­dag ge­sê hul­le stem nie saam met die ma­nier waar­op die wer­kers be­han­del word nie.

Hul­le is Woens­dag na Wor­ley Com­mons toe die wer­kers met ’n me­mo­ran­dum van klag­tes na die plaas­op­stal op­ge­ruk het. Die wer­kers wou dit aan die be­stuur­der oor­han­dig, maar hy kon nie ge­vind word nie.

Die wer­kers het die me­mo­ran- dum toe aan Graham Arm­strong, trus­tee­lid van die boe­re­ver­e­ni­ging en een van die buur­boe­re, oor­han­dig.

“Hy het ge­sê hy sal dit eer­der na­mens ons aan die ei­e­naar gaan oor­han­dig as aan die be­stuur­der,” het G­ci­na S­ha­ba­la­la van die Land­less Pe­op­le’s Mo­vement ge­sê.

Vol­gens die wer­kers het Kyd­le op 32 bees­te en 24 bok­ke be­slag ge­lê.

’n Wer­ker, Du­mi­sa­ni N­go­be­se, het ge­sê hy is aan­ge­sê om R100 000 te be­taal om sy tien koeie te­rug te kry.

“Ons is in ver­bin­ding met al die par­tye en sal as tus­sen­gan­ger op­tree,” het Arm­strong ge­sê.

“Ons het met die be­stuur­der pro­beer praat, maar hy wil nie luis­ter nie.”

Dit blyk dat die wer­kers toe­stem­ming by die vo­ri­ge ei­e­naar ge­kry het om hul vee op die plaas te laat wei.

Die nu­we ei­e­naar wil eg­ter van hul­le ont­slae raak en die be­stuur­der het hul­le on­langs in­ge­lig dat hul­le af­ge­dank is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.