Waar’s die swiets dan nou?

Beeld - - Nuus - – Han­lie S­tad­ler

Wool­wort­hs het Vry­dag aan­ge­kon­dig dat hy ver­brui­kers en hul kin­ders teen hul­self gaan be­skerm deur lek­ker­goed en sjo­ko­la­de langs die be­taal­punt­gang te ver­wy­der. Dit gaan met ge­son­de ver­sna­pe­rin­ge ver­vang word.

“Ek is ver­heug. Dis van ons groot­ste twis­te, daai ry voor die kas­re­gis­ter,” sê die ma van ’n vyf­ja­ri­ge mei­sie.

Wool­wort­hs sê hy gaan pa­neel­be­spre­kings en fo­kus­groe­pe ge­bruik om uit te vind wat­ter ver­sna­pe­rin­ge men­se lie­wer by die be­taal­punt wil sien. Dit is deel van die win­kel­groep se “ver­bin­te­nis tot die ver­skaf­fing van al­ter­na­tie­we vir kin­ders en ou­ers”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.