Die was die bes­te én die sleg­ste tye

Beeld - - By -

As jy my sou vra wat ek die mees­te van my dae in Londen mis, sal ek jou heel eer­ste ver­tel van al die ge­sprek­ke wat ek met vreem­de­lin­ge aan­ge­knoop het.

Ja, as ons tyd het, sal ek jou ook al my fo­to’s van dié tyd wys, maar ver­ge­we my dat ek eers vier men­se aan jou wil be­kend stel. Hul na­me ont­hou ek nie, hul ge­sig­te her­ken ek vaag­weg, maar hul sto­ries, dié kan ek – mag ek – nooit ver­geet nie.

Dit is die ver­haal van ’n tax­i­be­stuur­der, ’n piz­za-af­le­we­raar, ’n skoon­ma­ker en ’n da­me van die nag wat my tot ge­sel­skap én meer pro­beer ver­lei het. Die mees­te van dié ge­sprek­ke was laat­aand, wan­neer die s­ta­ti­ge lords, da­mes en ba­ro­nes­se al ná ’n gin en to­nic in­ge­kruip het.

Sit, sit, ek be­lo­we ek sal jou nie lank op­hou nie. In’t kort het dié vier men­se vier din­ge ge­meen: nie een van hul­le is B­rits nie; hul­le praat En­gels as­of hul­le slaap­mid­dels met hul drink­wa­ter in­ge­kry het; hul­le het al swaar­kry be­leef waar­van ons nog net ge­lees het; en hul­le be­skik elk­een oor ’n na­skool­se kwa­li­fi­ka­sie.

“Ek het ge­kom om iets, e­nig­iets be­ters te vind. Ek het ge­hoor men­se is hier ryk oor hul­le pon­de het,” het die tax­i­be­stuur­der ge­sê toe hy my in Re­gent­straat – my guns­te­ling­straat in Londen – op­ge­laai het.

’n On­der­wy­ser, het hy ge­sê oor sy eint­li­ke be­roep, nog in die dae toe Iran en Irak oor­log ge­voer het. I­ro­nies ge­noeg kon hy nie met die kwa­li­fi­ka­sies wat hom toe­gang tot B­rit­tan­je ver­leen het, werk kry in sy veld nie, on­danks ’n te­kort aan er­va­re on­der­wy­sers in dié land.

Maar nood leer bid, re­ken hy, en sy kin­ders moet eet. Ten min­ste sal húl­le een­dag ’n be­ter le­we hê om­dat hul­le in En­ge­land skool­gaan en daar­om meer toe­gang tot ge­leent­he­de sal hê.

Die piz­za-af­le­we­raar, met wie ek vier ge­sprek­ke op ver­skil­len­de tye ge­voer het, is van Po­le. Hy is iets in die 30 en het ’n BCom, maar suk­kel om ’n voet in die deur te kry. En dis geen ge­heim dat B­rit­te nie juis van die voor­ma­li­ge Oos­blok-lan­de hou nie.

O, en die da­me van die nag – háár het ek raak­ge­loop toe ek een aand ná ’n vrees­li­ke ge­fuif be­sluit het dis gou­er om van Mar­ble Arch deur Hy­de Park tot by die huis te loop. Dit was ’n fout, net soos die Suid-Ko­re­aan­se vrou se (mis­luk­te, durf ek da­rem by­sê) po­ging om ’n paar no­te uit my te kry. Van al­mal spook sy die mees­te by my, want sy’t ge­sê sy’s ge­leer om in ’n bank te werk, maar die le­we wou dit nie vir haar hê nie.

Dalk het jy ook al een aand laat ’n pros­ti­tuut ont­moet wat haar hand om jou nek ge­sit het. Of dalk – die vier­de per­soon – ’n pre­di­kant wat vloe­re mop en jou steeds wil ver­tel dat God goed is.

Dit is hul­le wat ek ont­hou, want op stuk van sa­ke het ek met dié vier ont­moe­tings meer oor die le­we ge­leer as wat ek in e­ni­ge boek kon lees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.