’n Uit­son­der­li­ke von­kel­wyn

Beeld - - Bruide -

Die Huis van J.C. Le Roux, SuidA­fri­ka se toon­aan­ge­wen­de von­kel­wyn­ma­ker, se pres­ti­ge cu­vée, die S­cin­til­la 2008, word net in uit­son­der­li­ke oes­ja­re ge­maak. Sy voor­gan­ger, die S­cin­til­la 2003, was die 2012 A­mo­rim Mét­ho­de Cap Clas­si­que Chal­len­ge­kam­pi­oen.

Die S­cin­til­la 2008 is sy­glad, luuks, goed ge­ba­lan­seerd en word vol­gens die klas­sie­ke Fran­se tra­di­sie ge­maak.

On­der die wa­ken­de oog van die kel­der­mees­ter, Elun­da Bas­son, vind se­kon­dê­re gis­ting in die bot­tel in die don­ker, tem­pe­ra­tuur­ge­re­gu­leer­de kel­der plaas.

Die fyn, le­wen­di­ge bor­rels wat die tong keer op keer streel, word hier ge­vorm.

Die Huis van J.C. Le Roux kom­bi­neer Fran­se tra­di­sies met die jong­ste teg­no­lo­gie om cap clas­si­ques vir el­ke smaak te skep. Dit kan by die bes­te Fran­se sjam­pan­je kers vas­hou.

Die S­cin­til­la 2008 is ’n klas­sie­ke ver­snit van char­don­nay (70%) en pi­not noir (30%) en is min­stens vyf jaar op die de­li­ka­te gis­af­sak­sels ge­hou om sy kom­plek­si­teit en im­po­san­te ka­rak­ter te ont­wik­kel.

Die von­kel­wyn is die trots van die kel­der en is met die fyn­proe­wer in ge­dag­te in sy styl­vol­le, don­ker bot­tel ge­skep. Dit is ’n toon­beeld van e­le­gan­sie, skoon­heid en ver­fynd­heid – een van die le­we se uit­soek­er­va­rings.

“Ons uit­son­der­li­ke J.C. Le Roux S­cin­til­la 2008 is van net die bes­te drui­we van die oes ge­maak,” sê Bas­son. “Dit het ’n lig­te strooi­kleur, vars si­tru­sa­ro­mas op die neus en brood­geu­re met ’n e­le­gan­te, jeug­di­ge na­smaak wat baat sal vind by by­ko­men­de bot­tel­ver­ou­de­ring.”

Die J.C. Le Roux S­cin­til­la 2008 is in boe­tiek­wyn­win­kels en uit­soek­re­stau­ran­te be­skik­baar.

Die wen­bruid kry R20 000 van J.C. Le Roux, as­ook 12 bot­tels von­kel­wyn.

Die brui­de in die twee­de en die der­de plek kry elk ses bot­tels von­kel­wyn en die an­der fi­na­lis­te elk vier.

Be­soek j­cle­roux.co.za en fa­ce­book.com/Hou­se­ofJCLeRoux vir meer of volg @J­CLe­Roux op T­wit­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.