Gaan op reis met Instagram

Beeld - - Leefstyl -

Het jy al van “I­gers” en hul “In­sta­walks” ge­hoor? Nee, wag nou met daai oë wat so rol. Dié soort Instagram-uit­stap­pies raak al hoe ge­wil­der en met goeie re­de.

Dank­sy dié ten­dens het slim­fo­ne en ka­me­ras skie­lik toer­gid­se ge­word wat men­se op­nuut na hul ste­de en om­ge­wings laat kyk en som­mer ook nu­we vriend­skap­pe help smee.

Jas­myn P­re­to­ri­us, ’n kuns­re­gis­seur van Johannesburg, is een van daar­die men­se wat vroeg­og­gend, dik­wels net voor sons­op­koms, die stad saam met ’n groep In­sta­gram­mers (of­te­wel I­gers) in­vaar.

“Dié men­se, ge­wa­pen met ’n slim­foon of ka­me­ra, ’n on­ge­nees­ba­re reis­lus en ge­mak­li­ke stap­skoe­ne, kom uit al­ler­lei ag­ter­gron­de,” sê sy.

“Hul­le deel ’n pas­sie vir fo­to­gra­fie, wil oom­blik­ke vas­vang en nu­we men­se ont­moet.”

Dié uit­stap­pies kan klein wees, met so­wat 15 men­se, of reus­ag­tig, met 250 of meer y­we­ri­ge I­gers, wat in­te­res­san­te plek­ke in die stad be­soek en kie­kies daar­van neem voor­dat hul­le dit re­di­geer en op Instagram laai.

Vir Iga Motyl­ska, ’n vry­skut­joer­na­lis en fo­to­graaf in Johannesburg, ver­teen­woor­dig Instagram ’n ge­meen­skap, skep­pend­heid en om die wê­reld deur fo­to’s van­af jou rus­bank te ont­dek.

“Dié In­sta­walks kan spon­taan of be­plan wees en is soms om ’n se­ke­re te­ma ge­sen­treer soos ’n sons­op­koms of -on­der­gang, ’n va­kan­sie­dag, ge­leent­heid of fees.

“Jy leer dalk ook ’n ding of twee oor fo­to­gra­fie ter­wyl jy jou stad ont­dek.

“Dit is ook ’n won­der­li­ke en goed­koop ma­nier om an­der ste­de te ont­dek,” sê Motyl­ska.

Vol­gens P­re­to­ri­us be­land ’n mens dik­wels in die mooi­ste plek­ke wat jy an­der­sins nooit sou sien nie.

“In­sta­wal­king neem my uit my ge­mak­so­ne, stel my aan nu­we men­se en plek­ke voor en gee my kans om te do­ku­men­teer – waar­oor ek gek is.

“Dit dwing jou ook om die wê­reld uit ’n an­der per­spek­tief te sien.”

Sy ge­bruik haar Ca­non 60D én iP­ho­ne6 op dié uit­stap­pies, maar sê ’n nor­ma­le slim­foon is meer as vol­doen­de.

En hoe be­lang­rik is daar­die #hashtags wan­neer ’n mens die kie­kies ná die In­stawalk op Instagram deel?

Vir Motyl­ska is Instagram ’n plek waar sy vi­su­e­le mi­kro-sto­ries kan deel.

Huts­mer­ke is vol­gens Motyl­ska dus baie be­lang­rik so­dat men­se dit mak­li­ker kan ont­dek tus­sen die an­der “70 mil­joen kie­kies en vi­deo’s wat daag­liks op­ge­laai word”.

P­re­to­ri­us se huts­mer­ke het ge­woon­lik be­trek­king op die on­der­werp of die In­stawalk waar­op sy is, maar sy stel ook by­voor­beeld #I­gersJo­zi of #I­gersP­re­to­ria voor.

’n Paar an­der goei­es is ook #Hunt­gramSout­hA­fri­ca #IG_­a­fri­ca #Ex­plo­reZA #Ci­tyOfJo­han­nes­burg en #Ci­tyOfP­re­to­ria of be­soek die Cro­wd­fi­re-app vir i­dees.

. Volg Jas­myn P­re­to­ri­us op Instagram by @jas­myn_­pre­to­ri­us en Iga Motyl­ska by @i­ga­motyl­ska.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.