WIL JY?

Beeld - - Leefstyl -

Volg die reg­te men­se op Instagram as jy op die hoog­te van In­stawalk­uit­stap­pies in jou om­ge­wing wil bly.

Jas­myn P­re­to­ri­us be­veel aan: @Deen­S­chroe­der, ’n be­ken­de in dié ge­meen­skap; @Ci­tyOfJo­han­nes­burg; @Ci­tyOfP­re­to­ria; @Ci­tyOfCa­peTo­wn; en @Ci­tyOfDur­ban.

“In­sta­wal­kers is baie vrien­de­lik en al­tyd be­reid om nog men­se op ’n uit­stap­pie te neem,” sê sy.

“Raak be­trok­ke by ’n ge­meen­skap en pro­beer om ge­reeld sul­ke uit­stap­pies by te woon.”

Vol­gens Iga Motyl­ska kan jy ook in Instagram se soek­veld die woord “i­gers”, ge­volg deur die stad se naam, in­tik om ’n plaas­li­ke ge­meen­skap en hul uit­stap­pies te vind, by­voor­beeld: “i­gers Jo­zi” of “i­gers P­re­to­ria”.

Moe­nie s­kaam wees net om­dat jy nie ’n spog­ge­ri­ge ka­me­ra het nie, sê Motyl­ska.

“Stel jou­self en jou Instagram­naam voor en pro­beer ty­dens die uit­stap­pie ’n u­nie­ke blik op die stad kry.”

Die eer­ste na­si­o­na­le In­sta­meet in Suid­A­fri­ka vind van 24 tot 27 Sep­tem­ber in Graaff­Rei­net plaas.

Dit word deur @sout­h­a­fri­ca op Instagram ge­re­ël in sa­me­wer­king met die Suid­A­fri­kaan­se Toe­ris­me­raad (@meet­sout­h­a­fri­ca) en Ce­re­bra (@ce­re­bra).

Be­soek in­sta­meet.co.za om meer uit te vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.