Glad nie no­dig om óm Le­so­tho te ry

Beeld - - Leefstyl -

Sou ’n sond­vloed Sui­der-A­fri­ka tref, sal die men­se in Le­so­tho van die laas­te wees wat om­kom. Dit is in­der­daad die land waar­van die laag­ste punt die hoog­ste ter wê­reld is.

Jy is ge­reeld na aan jou dood, want hoe­wel die teer­paaie goed is, is daar min wat ge­lyk en reg­uit is. Die af­gron­de is lood­reg. En dit is juis een van die aan­trek­kings­krag­te van die Dak van A­fri­ka-roe­te wat jou deur die won­der­sko­ne noord­oos­te van Le­so­tho neem.

Van die Ficks­burg­se grens­pos lei die Dak van A­fri­ka-roe­te na Bu­tha-But­he en dan ver­der oos. Pak dit aan, dis die moei­te werd.

Dit is al­tyd vir my op­merk­lik hoe min toe­ris­te daar in Le­so­tho is – on­danks uit­ste­ken­de paaie dank­sy die Le­so­tho-hoog­land­wa­ter­pro­jek. Blyk­baar dink ver­re­weg die mees­te men­se steeds (nes ek vroe­ër) Le­so­tho is ’n hin­der­nis waar­om­heen jy moet ry van Dur­ban na Bloem­fon­tein.

Vir hul­le kon dit net so­wel ’n meer ge­wees het waar daar niks is nie. En dalk is dit goed, want só bly Le­so­tho een van A­fri­ka se on­ont­dek­te ju­we­le – juis van­weë sy af­ge­son­derd­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.