Op die boek­rak: ‘Hout­werk vir al­mal’

Beeld - - Leefstyl -

Hout­werk vir al­mal deur Peter Al­ke­ma is ’n om­vat­ten­de en kre­a­tie­we boek, i­de­aal vir die kof­fie­ta­fel of die werks­win­kel, en be­vat 13 pro­jek­te wat na­we­ke in gesinstyd prop­vol pret sal om­skep. Leer die ba­sie­se teg­nie­ke van hout­werk en maak in ’n jap­trap iets nut­tigs waar­op jy trots kan wees.

El­ke hoof­stuk is prop­vol fo­to’s en il­lus­tra­sies, as­ook die ag­ter­grond van die pro­jek en ’n lys van die ma­te­ri­aal en ge­reed­skap wat jy no­dig het. Die aan­wy­sings is dui­de­lik en mak­lik om te volg. Daar is ook wen­ke om tyd te spaar. Die “Ge­reed­skap en teg- nie­ke”-af­de­ling ver­skaf prak­tie­se in­sig oor hout­werk en ge­reed­skap voor­dat jy jou eer­ste pro­jek aan­pak.

Maak ’n speel­goed­kis of staan­trap as eer­ste pro­jek bin­ne ’n paar uur of vol­tooi die rak­ke in die ba­ba­ka­mer voor­dat die kleinding kom. Maak ’n bed voor­dat die ba­ba­bed­jie te klein raak.

Die boek be­vat 13 stap-vir­stap pro­jek­te – van styl­vol­le meu­bels tot speel­goed vir die kin­ders. Die 3D-il­lus­tra­sies, vol­kleur­fo­to’s en aan­wy­sings is i­de­aal vir hout- wer­kers op el­ke vlak. Daar is ook raad oor ge­reed­skap en teg­nie­ke, as­ook wen­ke oor al­ler­lei. Die ou­teur Peter Al­ke­ma het vyf kin­ders, twee hon­de en een sir­kel­saag. Hy het geen ver­nuf in die kom­buis nie, maar wel ’n mees­ters­graad in me­ga­nie­se in­ge­ni­eurs­we­se. Be­dags werk hy in die IT-be­dryf by ’n bank en saans maak hy saag­sels in sy werks­win­kel. Hout­werk

is sy eer­ste boek. . Die boek se voor­ge­stel­de prys is R250 en dit word deur Rand­om Struik uit­ge­gee.

’n Ge­luk­ki­ge le­ser kan ’n ek­sem­plaar van

ont­vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.