Al­leen­tyd in Ten­nes­see

Beeld - - Leefstyl -

Ná die vrees­li­ke tent­af­sla­ne­ry dou­voor­dag en die hit­te­te am­per laat wees vir ons vlug, breek se­ker een van die op­win­dend­ste dae van ons reis aan.

Van­uit Ys­land kan ons al die A­me­ri­kaan­se so­mer ruik en die stem­me van ge­lief­de vrien­de hoor.

Ons is op pad na Greenville, Suid-Ca­ro­li­na.

Van­weë die a­dre­na­lien van af­wag­ting kon die vier klein men­sies – Ala­na (10), T­ho­mas (9), P­hi­lip­pa (5) en Ni­na (3) – die vo­ri­ge nag nie te rus­tig slaap nie, en nou is hul­le na­tuur­lik lek­ker moeg.

Ge­luk­kig is daar niks wat ’n tog van ses uur nie kan uit­sor­teer nie...

Ná ’n vin­ni­ge lug­ha­we-kof­fie gaan ons aan boord vir die drie uur lan­ge vlug na C­har­lot­te in Noord-Ca­ro­li­na.

En dan is dit nog ’n ver­de­re drie uur pad­langs voor­dat ons by ons be­stem­ming uit­kom!

Hier het ons ’n won­der­li­ke, hart­li­ke ont­vangs ge­kry. Ons vrien­de, die Kents, kom laai ons op met hul 16-sit­plek-mi­ni­bus – al­les is mos gro­ter in die VSA!

Ons hart be­we met ge­luk om die kin­ders so “tuis” in ’n vreem­de land en nu­we om­ge- wing te sien. Dit her­in­ner ons dat wa­re vriend­skap oor gren­se, tyd en kul­tuur sy soet­heid kán be­hou.

Met die Kent-ge­sin se hulp as toer­gid­se, ver­ken ons die vreed­sa­me groen Greenville. Dit dra nie ver­niet die ti­tel van een van die tien mooi­ste ste­de in die VSA nie.

Boon­op staan dit ook be­kend as die teks­tiel-hoof­stad van die wê­reld en die “Buckle of the Bi­ble Belt”, so dit is be­slis ’n in­te­res­san­te plek om te ver­ken.

Nog ’n re­de om nie dié ju­weel­tjie uit jou toer­plan te sny nie, is dat die wê­reld se groot­ste BMW­fa­briek hier per voor­af­be­spreek­te toer be­soek kan word.

Die boom­ry­ke mid­de­stad van Greenville ver­an­der Vry­dag­aan­de in ’n ver­keer­vrye kui­er­so­ne.

Sa­ter­dag­og­gen­de wan­neer die prag­ti­ge straat sy markdag-baad­jie aan­trek, wil ons net dans op Ek en man­lief, Ar­no, kry die won­der­li­ke ge­leent­heid om die vier kin­ders vir ’n paar dae by die Kents ag­ter te laat, en ons vat die kron­ke­len­de hoof­pad noord: ons eind­be­stem­ming ’n knus hout­hut­jie in die skuil­te van die groot Ap­pa­la­chie­se ge­berg­te in Ten­nes­see.

Die plaas­li­ke be­na­ming, Gre­at Smo­key Moun­tains, word dui­de­lik na­ma­te ons die berg­pas­se klim en die rol­len­de mis­wol­ke ons uit­sig be­lem­mer. Die ber­ge is aan die rook, en gee ’n spro­kies­ag­ti­ge mis­te­rie aan die land­skap.

Ons ver­ken die Gat­lin­bur­g­a­rea, maar het geen erg aan die ge­klet­ter van die stad self nie. Hier moet ons uit­kom, en vin­nig ook! Ons kies dus toe maar om Dol­ly Par­ton se p­ret­park, Dol­ly­wood, oor te slaan...

Skaars ’n mi­nuut uit die stad is ons weer om­ring met am­per on­deur­dring­ba­re wou­de. Ons kom tot die ge­volg­trek­king dat dié deel van die wê­reld in ons la­ter ja­re rus­tig uit die ge­mak van ’n win­ne­ba­go (die A­me­ri­kaan­se woord vir ’n huisie op wie­le) be­sig­tig kan word. ’n

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.