Dol­fyn­dro­me word waar

Beeld - - Leefstyl -

Nou pak ons eers ons tent diep on­der-in ons tas­se – ons is op pad Flo­ri­da toe en die Kents kom saam. Die kin­ders se groot­ste droom word waar: Dis­ney Wor­ld Or­lan­do, is jy reg vir ons?

Die agt uur lan­ge reis suid in die gaan-groot-mi­ni­bus neem ons deur die kus­vlak­tes van Ge­or­gia. Die vroeg­og­gend-ver­trek en streng twee-uur­lik­se pie­pie-stop­pe be­loon ons met ’n vroeg­mid­dag-swem in die swem­bad wat met ’n in­sek­we­ren­de net be­dek is by ons ge­huur­de vil­la met vyf slaap­ka­mers.

Teen ’n on­ge­loof­li­ke £500 (on­ge­veer R10 000) het ek aan­lyn die ver­blyf vir die 12 van ons be­spreek. Dit is net 20 mi­nu­te suid van die “ak­sie” met ge­noeg spa­sie en stil­te om na te­rug te kom ná ’n be­si­ge dag op die tui­mel­trei­ne.

Ons groot­men­se se vlam­me brand nie juis hoog wan­neer dit by pret­par­ke kom nie, maar in hier­die ge­sin is daar mos ses men­se. So, ná ’n klein raad­sit­ting het ons op die goue mid­de­weg be­sluit. Ala­na se groot droom, om saam met dol­fy­ne te swem, moes ten al­le kos­te waar word. Stap een was dus om die Dis­co­ve­ry Co­ve-pak­ket te be­spreek. S­legs kin­ders ou­er as ses jaar word toe­ge­laat om deel te neem aan die dol­fyn-in­ter­ak­sie. Die prys vir “s­wem­mers” en “nie-s­wem­mers” ver­skil met so $30. Ons het maar oë toe­ge­knyp en be­spreek...

S­joe, wat ’n dag! Ons be­soek het al­les in­ge­sluit, van ont­byt tot die spe­si­aal getoetste duik­bril vir T­ho­mas (wat nor­maal­weg ’n bril dra).

Die tro­pie­se vo­ël­huis was ons eer­ste stop. Dit was pu­re vreug­de om die kin­ders dop te hou ter­wyl hul­le die mak vo­ëls voer. Om die klein­tjies te ak­kom­mo­deer het ek en T­ho­mas eers saam met die dol­fy­ne ge­swem, ter­wyl Ar­no vir P­hi­lip­pa en Ni­na op­ge­pas het. Daar­na was dit Ar­no en Ala­na se beurt.

Die res van die ge­sin kon dan op die kant van die la­gu­ne staan en fo­to’s neem.

Op spe­si­a­le ver­soek het die dol­fyn­han­teer­ders ook toe­ge­laat dat ons die klein­tjies in die wa­ter bring om ’n ge­sins­fo­to saam met die 50 jaar oue dol­fyn, Cin­dy, te kon neem. Daar­na het ons in die “lui­ri­vier” gaan dryf tot by die snoep­hut om ons slap-ys-dran­kies (al­ko­ho­lie­se va­ri­a­sie be­skik­baar vir oor 18’s) en eet­goed­jies te gaan vra.

Nog ’n hoog­te­punt was toe ons in die bui­te­lug-a­kwa­ri­um ge­snor­kel het. Die dag het net nie ge­noeg mi­nu­te ge­had nie.

In­ge­sluit in die Dis­co­ve­ry Co­ve-pak­ket is on­be­perk­te toe­gang vir 14 dae tot A­qua­ti­ca (’n wa­ter­park met die heer­lik­ste gly­ba­ne en klim­to­rings, ge­skik vir die he­le ge­sin) en Sea Wor­ld (met wa­ter­kon­ser­te deur dol­fy­ne Ar­no se groot droom was om ’n draai by die Ken­ne­dy-ruim­te­sen­trum in Day­to­na Be­ach te maak.

Goei­ste, was ons aan­ge­naam ver­ras! Die dag­be­soek daar was so in­te­res­sant en op­voed­kun­dig. Dit is voor­waar ’n er­va­ring wat nie ge­mis kan word nie.

Ons dag hier het ’n in­ter­ak­tie­we mu­seum­be­soek in­ge­sluit. Hier kon ons al­mal mee­ge­voer word in ’n re­a­lis­tie­se na­boot­sing van die laas­te paar se­kon­des voor­dat die A­pol­lo ge­lan­seer is.

’n Bus­rit na die lan­seer­plat­form en die deur­lo­pen­de kom­men­taar het ons laat voel soos ruim­te­vaar­ders wat op­ge­lei word.

By die At­lan­tis-uit­stal­ling het die kin­ders in he­mel­hoë gly­ba­ne en kruip-py­pe bal­jaar.

Die oor­spronk­li­ke At­lan­tis­ruim­te­tuig wat 33 suk­ses­vol­le sen­dings oor ’n tyd­perk van 25 jaar on­der­neem het, is hier te sien. Dit het voor­waar my ver­beel­ding aan­ge­gryp.

En moe­nie die fon­tei­ne by die vuur­pyl­tuin ver­geet nie – net die teen­gif teen die hit­ti­ge Au­gus­tus-son.

Dan die ker­sie op die koek: Magic King­dom! Ons moes mos gaan kyk waar Mic­key en Min­nie woon. Die don­der­storms, el­le­lan­ge so­mer­va­kan­sie-rye en ein­de-van-die-week-moeg­heid het dit nog­al ’n in­te­res­san­te dag ge­maak. ’n Wy­ser be­sluit sou dus wees om lie­wer in die herfs of len­te hier te kom bal­jaar. On­danks die weer en e­mo­sies het die on­ge­loof­li­ke ein­de-van-die­dag-vuur­werk­ver­to­ning ons in Walt Dis­ney se fan­ta­sie-droom­wê­reld laat te­rug­ry vil­la toe...

Om­dat ons die vol­gen­de og­gend vroeg moes op­staan vir ons vlug van die Or­lan­do-lug­ha­we tot in Den­ver, Co­lo­ra­do – dis nou na­dat die vil­la op­ge­ruim is en die tas­se ge­pak is – het ons maar ’n kort nag se rus ag­ter die rug. Ons kla eg­ter nie, want nou kom die groot ber­ge en diep val­leie al hoe meer bin­ne be­reik.

. Hou dop vir Ma­ri­lie T­heron se vol­gen­de ar­ti­kel oor haar en haar ge­sin se be­soek aan die wes­te van die VSA, as­ook Ha­waii.

. Be­soek ge­rus Ma­ri­lie se blog, 6hop­scotch.blogspot.co.uk, of kon­tak haar by the­ron99@goo­g­le­mail.com. Sy is gre­tig om an­der ge­sin­ne te help met die be­plan­ning van soort­ge­ly­ke a­von­tu­re.

Op pad na Min­nie en Mic­key

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.