Vrug­te­pot­jie op die ko­le

Beeld - - Leefstyl -

Vrug­te van die sei­soen, of dro­ë­vrug­te, maar dan moet dit eers week. 4 liet­sjies, ont­pit ½ geel­per­ske, ge­skil en ont­pit ½ ap­pel, ge­skil en ont­pit ½ pruim, ge­skil en ont­pit ½ ap­pel­koos, ge­skil en ont­pit 1 eet­le­pel koek­meng­sel 2 eet­le­pels bruin­sui­ker 1 ras­per­tjie suur­le­moen­skil 1 ster­a­nys­saad of stuk pyp­ka­neel 1. Sit al­les in die pot­jie en sit die dek­sel op. Sit die pot­jie op die ko­le. Dit moe­nie te warm wees nie, want die sui­ker sal dalk brand. 2. As dit so 5 mi­nu­te kook, haal die dek­sel af, roer, sit die dek­sel op en kook ver­der as no­dig. Moe­nie pap kook nie. 3. Jy moet dit maar dop­hou – dit hang af van hoe­veel vrug­te jy in die pot­jie het en hoe warm jou ko­le is. 4. Sit met room of room­ys voor.

Voor­beeld van ’n vrug­te­pot­jie, per per­soon:

Só maak ’n mens:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.