WAT SÊ DIE KEN­NERS?

Beeld - - Leefstyl -

Jo­han de Wet van De Wets­hof in Ro­bert­son, voor­sit­ter van die Char­don­nay­fo­rum, glo char­don­nay het be­wys dit ver­kies grond met baie kalk­steen.

“Dit dra by dat ons wy­ne nét so goed soos e­ni­ge rooi­wyn kan ver­ou­der.”

Lu­ke O’Cuin­ne­a­gain, wyn­ma­ker van G­le­nel­ly­wy­ne in S­tel­len­bosch, glo die pluk­tyd speel ’n groot rol.

“As jy die drui­we vir die maak van von­kel­wyn wil ge­bruik, word dit vroe­ër ge­pluk. Ry­per sty­le word la­ter ge­pluk.”

Ri­a­ni S­try­dom van Has­kell in S­tel­len­bosch woe­ker ook met dié va­ri­ë­teit.

“By Has­kell groei die char­don­nay op klei­ry­ke grond. Dit maak dit moei­li­ker vir die win­gerd. Die tros­sies is dus klein en ge­kon­sen­treerd. Ons pluk oor vier fa­ses van ryp­heid om kom­plek­si­teit te kry.”

An­dries Bur­ger, die wyn­ma­ker van Paul Clu­ver by El­gin, ver­tel dat die win­gerd wat hul­le in 1987 ge­plant het, steeds drui­we van uit­ste­ken­de ge­hal­te en struk­tuur pro­du­seer.

“Ons het al­mal in ’n s­ta­di­um van ons le­we as wyn­ma­ker ge­dink hout is be­ter en dat vet­ter wy­ne van die 80’s van ons ver­wag word.

“Toe ons eers ter­roir be­ter ver­staan, is die ver­skil­len­de sty­le van char­don­nay er­ken en ont­wik­kel.”

S­te­phan Jou­bert, die win­gerd­bou­kun­di­ge van die DGB­groep, glo El­gin is een van die land se top­char­don­nay­stre­ke.

“Die koel kli­maat, af­koe­len­de ef­fek van die see, hoog­te bo see­vlak en min­der bloot­stel­ling aan hit­te­gol­we is tot voor­deel van e­le­gan­te wy­ne.

“Daar is goeie char­don­nay van Ro­bert­son, S­tel­len­bosch, Con­stan­tia en Dur­ban­vil­le, maar ek dink dis mak­li­ker vir El­gin om aan­sien te wen.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.