SA A maak skan­des teen In­dië A

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Wa­y­a­nad, (In­dië). – Die Suid-A­fri­kaan­se A-krie­ket­span het Vry­dag hier skan­des ge­maak toe In­dië A hom in sy twee­de beurt van die twee­de vier­dag­stryd vir net 76 lo­pies uit­ge­haal het.

In­dië A het die wed­stryd met ’n beurt en 81 lo­pies ge­wen na­dat hy sy eer­ste beurt op 417/8 ge­sluit ver­klaar het.

Ax­ar Pa­tel het ’n uit­ste­ken­de veel­sy­di­ge ver­to­ning met ’n boul- ont­le­ding van 6-6-0-4 in die twee­de beurt af­ge­sluit. Hy het 5/92 in SA A se eer­ste beurt (260) plat­ge­trek en toe ’n on­oor­won­ne 69 lo­pies aan­ge­te­ken.

S­ti­aan van Zyl (10) en Quin­ton de Kock (20) was die e­nig­ste kol­wers wat dub­bel­sy­fers in SA A se twee­de beurt be­haal het.

In­dië A het die reeks 1-0 ge­wen na­dat die eer­ste krag­me­ting on­be­slis ge­ëin­dig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.